Die Hoërskool Monument se Witbulle sal in die hoofwedstryd van hul skool se 100ste bestaansjaarvieringe teen Glenwood van Durban te staan kom. Die kragmeting sal op Saterdag, 24 April 2021 op die Ras van Rooyen-veld plaasvind.
Die Monnas Rugbyfees ter viering van die eeufees sal van 23 tot 26 April op die skool se hoofveld in Krugersdorp aangebied word. Nie minder as 24 eerstespanne van regoor Suid-Afrika sal aan die fees deelneem.
Die hoogtepunt van die eerste dag van die fees sal sonder twyfel die kragmeting tussen Grey-kollege van Bloemfontein en Paarl Gimnasium wees. Dié wedstryd sal heel moontlik een die die hoogtepunte van die 2021-seisoen wees.
Die hoofwedstryd op die eerste dag sal tussen die Afrikaanse Hoër...