Al die uitslae van die Virsekerbeker - 13 Julie 2019

Written by Hannes Nienaber

VirsekerBekerlogo School of Rugby | Al die uitslae van die Virsekerbeker - 13 Julie 2019 - School of RugbySake begin nou na die besigheidkant toe van die Virsekerbeker staan. Veral in Afdeling 2 tot 5 het daar heelwat van die ses provinsies se eindstryde Saterdag beslis. 

Die Hoërskool Randburg is as die Goue Leeus se kampioen gekroon na hy die Hoërskool Alberton met 40-14 in die eindstryd van Afdeling 2 geklop het. Overkruin het 'n afspraak met Midstream College vasgemaak na hy naelskraaps met 17-15 vir Pretoria-Noord in die halfeindstryd verslaan het. 

In Afdeling 1 se Beker-kompetisie het Garsfontein gewys dat hy nie sonder handskoene in die derde kwartaal gepak kan word nie. Garsies se buitesenter, Devoux Deysel, het ook gewys dat hy honger vir rugby is en 'n driekuns aan drieë in sy span se oorwinning van 80-38 oor EG Jansen in Boksburg gedruk. 

Menlopark was ook op hul stukke teen Transvalia en het oortuigend met 69-22 as oorwinnaars van die veld gestap. Monument het Helpmekaar met 41-31 geklop. 

Al die uitslae: 

AFDELING 1
Beker-kompetisie
Monument 41 Helpmekaar 31
Garsfontein 80 EG Jansen 38
Menlopark 69 Transvalia 22
Ander spanne - o.16:  EG Jansen 17, Garsfontein 14; Menlopark 50, Transvalia 0; Monument 36, Helpmekaar 22. o.15: Helpmekaar 8, Monument 7; Garsfontein 19, EG Jansen 12; Menlopark 19, Transvalia 7. o.14: Garsfontein 29, EG Jansen 0; Menlopark 12, Transvalia 0; Monument 22, Helpmekaar 17.
Plaat-kompetisie
Rustenburg 29 Nelspruit 21
Kempton Park 34 Montana 29
Ander spanne - o.16: Nelspruit 16, Rustenburg 7; Kempton Park 30, Montana 24. o.15: Rustenburg 17, Nelspruit 3; Montana 50, Kempton Park 5. o.14: Rustenburg 12, Nelspruit 0; Montana 22, Kempton Park 12.
Skild-kompetisie
Lichtenburg 45 Heidelberg Volkskool 32
Florida 33 Hugenote 28
Jeugland 35 Centurion 19
Ander spanne - o.16: Florida 32, Hugenote 5; Centurion 38, Jeugland 7. o.15: Florida 81, Hugenote 7; Centurion 17, Jeugland 10. o.14: Florida 17, Hugenote 12; Jeugland 67, Centurion 0. 
AFDELING 2
BLOU BULLE
Overkruin 17 Pretoria-Noord 15
Ander spanne - o.16: HTS John Vorster 12, Midstream College 3. o.15: Wonderboom 30, Pretoria-Noord 16. o.14: Midstream College 20, Pretoria-Noord 14.  
GOUE LEEUS
Randburg 40 Alberton 14
Ander spanne - o.16: Alberton 19, Randburg 12. o.15: Dinamika 57, Bastion 0. o.14: Alberton 10, Bastion 7.
LUIPERDS   
Klerksdorp 52 Wesvalia 22
Ander spanne - o.16: Klerksdorp 28, Potchefstroom Gimnasium 25. o.14: Klerksdorp 12, Wesvalia 0.
VALKE
Die Anker 30 Vereeniging Gimnasium
Hans Moore 33 Oosterlig 23
Ander spanne - o.16: Die Anker 19, Dr. Malan 12. o.15: Die Anker 26, Oosterlig 13. o.14: Die Anker 38, Dr. Malan 26.
AFDELING 3   
BLOU BULLE
Die Wilgers 33 Hendrik Verwoerd 15
Ander spanne - o.16: Erasmus 38, Die Wilgers 24. o.15: Erasmus 12, Curro Hazeldean 5. o.14: Erasmus 17, Die Wilgers 17 (Erasmus dring deur as kampioen)
GOUE LEEUS
Leeuwenhof 45 Fochville 12
Ander spanne: o.16: Fochville 29, Jan Viljoen 5. o.15: Fochville 10, Jan Viljoen 7. 
LIMPOPO BLOU BULLE
Curro Heuwelkruin 31 Louis Trichardt 5
Ander spanne - o.16: HTS Tom Naude 36, Frans du Toit 33. o.15: HTS Tom Naude 19, Curro Heuwelkruin 15. o.14: HTS Tom Naude 30, Frans du Toit 0.
VALKE
Birchleigh   John Vorster (Nigel)  
PUMAS
Standerton 37 Hoogenhout 20
Ander spanne - o.16: Bergvlam 46, Curro Nelspruit 8. o.15: Curro Nelspruit 19, Oosterland 10. o.14: Standerton 10, Curro Nelspruit 7.
AFDELING 4   
BLOU BULLE
Akasia 29 Gerrit Maritz 24
       
GOUE LEEUS
Allen Glen 59 Carletonville 22
Ander spanne: - o.16: Bracken High 24, Carletonville 7. o.15: Allen Glen 35, Carletonville 0. o.14: Allen Glen 38, Bracken High 14.
LIMPOPO   
Warmbad 48 Eric Louw 10
Ander spanne - o.17: Warmbad 27, Eric Louw 24. o.15: Eric Louw 26, Warmbad 5.
       
AFDELING 5   
VALKE   
Heilbron 39 Kempton Panorama 5

[powr-comments id="812440a8_1563032307181"] 

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.