Hugenote en Middelburg pak mekaar om Virsekerbeker se Skild-titel

Written by Hannes Nienaber

NewsGMiddelburg1 School of Rugby | Hugenote en Middelburg pak mekaar om Virsekerbeker se Skild-titel - School of RugbyDie Hoërskool Hugenote van Springs het vir die grootste opskudding van die naweek in die Virsekerbeker gesorg toe hy vir Lichtenburg met 19-17 in die halfeindronde van die Skild-afdeling uitgeskakel het. Die span van Springs het die Liggies op hul tuisveld geblitzkrieg deur vinning 'n voorsprong van 12-0 op te bou. 

Soos die geval met meeste van die wedstryd Saterdag het die wind 'n faktor gespeel. Hugenote het die wind in hul blaaie gehad in die eerste helfte en 'n voorsprong van 12-5 teen rustyd geniet. 

Die Liggies het vroeër vanjaar vir Hugenote met 44-29 in hul ligawedstryd verslaan. Hugenote het egter uitstekend daarin geslaag om Lichtenburg se sterspelers, Ruben Oosthuizen (senter) en Jacques Stander (skrumskakel), hom te slaan.  

Liggies se flanke Wessel Nortman en Stiaan Loots het voorlangs blinks vertonings gelewer.  

Die Hoërskool Middelburg was met 28-20 in 'n wipplankstryd in die ander halfeindstryd oor Heidelberg Volkskool baas. Die Middies het met lemoentyd 'n skrale voorsprong van 14-12 geniet. 

Sy Cravenweek-loskopstut, Sipho Nzoto, was saam met sy stutmaat, Bradley Ludeke, op hul stukke in die vastelos. Ludeke het die aanvoorwerk vir albei Nzoto se twee drieë gedoen. Nzoto kan indien hy op sy vertonings vanjaar voortbou 'n speler wees om dop te hou in 2020. 

Die wenspan se losskakel, Ricardo Schonfeldt, het ook 'n goeie dag op kantoor beleef en al vier sy span se drieë verdoel. Die beste vertoning op die dag het egter aan die binnesenter, Jan Joubert, behoort. 

Vir die Volkies het sy skrumskakel, Fredrich Barnard, agterlangs goed vertoon. Voorlangs kan die agtsteman, Evan Jordaan, en die flank Gideon Lubbe meer as tevrede met hul vertonings voel. 

Die Skild-eindstryd vind Saterdag op Marais Viljoen in Alberton se velde plaas. 

 FOTO: Maritza Jansen

PUNTEMAKERS: 

Hugenote (Springs) 19 (12) - Drieë: Dawid Kruger, Liam Brooks, Eddie Evans. Doelskoppe: Derik Bierman (2). Lichtenburg 17 (5) - Drieë: De Wet de Villiers, Ruben Oosthuizen, Jacques Stander. Doelskop: Stiaan Loots.

Hoërskool Middelburg 28 (14) - Drieë: Sipho Nzoto (2), Rowane Skosana, Smiley Mosia. Doelskoppe: Ricardo Schonfeldt (4). Heidelberg Volkskool 20 (12) - Drieë: Richard Muller, Jeandré Goosen, JJ du Plessis. Doelskop: Johan Groesbeek. Strafdoel: Ethan Baird.

Ander spanne:

o.16: Middelburg 29, Lichtenburg 17; Heidelberg Volkies 52, Florida 0.

o.15: Oos-Moot 22, Florida 14; Middelburg 20, Lichtenburg 15.

o.14: Middelburg 39, Lichtenburg 5; Jeugland 15, Heidelberg Volkies 0.

[powr-comments id="44b14829_1565517846248"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.