Alberton skud sy vere reg op die Virsekerbeker se eindstryde aan te bied

Written by Hannes Nienaber

VirsekerBekerlogo School of Rugby | Alberton skud sy vere reg op die Virsekerbeker se eindstryde aan te bied - School of RugbyAlberton kan homself gereed maak vir topklas skolerugby wanneer die eindstryde van die onderskeie afdeling van die Virsekerbeker Saterdag op die velde van die Hoërskool Marais Viljoen hier beslis sal word. 

Die eindstryde van Afdeling 1 se drie afdelings die Beker-, Plaat- en Skild-kompetisie asook Afdeling 2 se eindstryde vind Saterdag plaas. Dit is die 99ste keer wat die Virsekerbeker (voorheen Administrateursbeker, Direkteurstrofee en Beeldtrofee) gehou word. 

In die hoofmaal pak Helpmekaar-kollege en Menlopark mekaar in die eindstryd van die Beker-afdeling. Eldoraigne verdedig sy titel as kampioen van die Plaat-kompetisie teen Ben Vorster van Tzaneen. 

In die Skild-afdeling kom die Hoërskool Middelburg teen Hugenote van Springs te staan. Ligbron Akademie en die Hoërskool Pietersburg sal mekaar die stryd in Afdeling 2 se eindstryd aansê.

Die eindstryde is: 

A-veld 

08:30 - o.19 - Skild-kompetisie - Hugenote (Springs) vs Hoërskool Middelburg; 10:30 - o.19 - Plaat-kompetisie - Ben Vorster vs Eldoraigne; 12:30 - Beker-afdeling - Menlopark vs Helpmekaar. 

B-veld 

08:30 - Afdeling 2 - o.16 - Ligbron Akademie vs Hoërskool Pietersburg; 09:45 - Skild-afdeling - o.16 - Hoërskool Middelburg vs Heidelberg Volkskool; 11:00 - Beker-afdeling - o.16 - HTS Middelburg vs Noordheuwel; 12:15 - Afdeling 2 - o.19 - Ligbron Akademie vs Hoërskool Pietersburg. 

C-veld

08:30 - Plaat-kompetisie - o.14 - Hoërskool Rustenburg vs Marais Viljoen; 09:30 - Beker-kompetisie - o.15 - Helpmekaar vs Monument; 10:30 - Skild-kompetisie - o.14 - Hoërskool Middelburg vs Jeugland; 11:45 - Afdeling 2 - o.15 - Hoërskool Klerksdorp vs Potchefstroom Volkskool; 13:00 - Plaat-kompetisie - o.16 - Zwartkop vs Hoërskool Nelspruit. 

D-veld 

08:30 - Beker-afdeling - o.14 - HTS Middelburg vs Monument; 09:30 - Afdeling 2 - o.14 - Ligbron vs Secunda; 10:30 - Plaat-kompetisie - o.15 - Marais Viljoen vs Zwartkop; 11:45 - Skild-kompetisie - o.15 - Oos-Moot vs Hoërskool Middelburg. 

[powr-comments id="de3c4961_1565607046430"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.