Heilbron dra die kroon as Afdeling 5 van die Virsekerbeker

Written by Hannes Nienaber

NewsGHeilbronKamp School of Rugby | Heilbron dra die kroon as Afdeling 5 van die Virsekerbeker - School of RugbyDie eerste rugbyspan van die Hoërskool Heilbron is die nuwe kampioen van Afdeling 5 van die Virsekerbeker.

Die Wildebeeste, soos die eerstespan as bekendstaan, het Lyttelton Manor met 26-22 in die eindstryd van die reeks op Hans Moore se veld in Benoni geklop om as kampioen gekroon te word.  

Heilbron het met die omdraaislag 'n voorsprong van 14-5 geniet danksy drieë deur Wolter Bennink (binnesenter) en Mike Henn (slot) ondanks die feit dat die span teen 'n sterk wind moes speel. 

Bennink is ook na afloop van die wedstryd as Speler van die Wedstryd vir sy skitterende vertoning in die middelveld aangewys. Die binnesenter het sy vertoning met 'n tweede drie laat in die wedstryd afgerond en ook daarmee aan sy span die sege besorg.

Hy het die bal onderskep en 40 meter vir die wendrie genael. Voor dié drie deur Bennink het Lyttelton Manor 'n voorsprong van 22-21 geniet na 'n verdoelde drie deur laasgenoemde se skrumskakel, Kenny Malejone

Malejone was Lyttelton Manor se groot ster en het amper daarin geslaag om aan sy span 'n roemryke sege te besorg. Heilbron se heelagter, Waldo Steyn, was nie net met sy skopskoen nie, maar ook met sy aanvallende spel van agter meer as goud werd vir sy span. 

Heilbron se eerstespan het al een keer vantevore die kroon as kampioen van die Beeldtrofee, soos dit voorheen bekend gestaan het, gedra. Dit was in 2012 toe hy Curro Heuwelkruin met 48-15 in die eindstryd verslaan het om die kroon te dra. 

Lyttelton Manor is darem nie met leë hande huis toe nie met die skool se o.15-span as kampioen gekroon is, na hy vir Koster met 19-10 in die eindstryd verslaan het. 

Puntemakers: 

Heilbron 26 (14) - Drieë: Wolter Bennink (2), Mike Henn, Waldo Steyn. Doelskoppe: Steyn (3). Lyttelton Manor 22 (5) - Drieë: Raylon Afrika, Joshua Joseph, Kenny Malejone. Doelskoppe: Malejone (2). Strafdoel: Malejone.

Ander spanne:

o.15: Lyttelton Manor 19, Koster 10. 

[powr-comments id="9061a99e_1565611384855"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.