Vyf nuwe gesigte te sien in volgende jaar se Noord/Suid-toernooi

Written by Hannes Nienaber

NoordSuid2019 School of Rugby | Vyf nuwe gesigte te sien in volgende jaar se Noord/Suid-toernooi - School of RugbyVyf nuwelinge sal volgende jaar vir die eerste keer aan die Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi in Pretoria in aksie wees. Volgende jaar sal die sewende keer wees dat die toernooi aangebied word. 

Paul Roos Gimnasium, HTS Middelburg, Noordheuwel, Duineveld en Welkom Gimasium is die nuwelinge wat volgende jaar aan die gesogte toernooi sal deelneem. Die Hoër Jongenskool Paarl is die enigste span wat vanjaar in aksie was wat nie volgende jaar sal deelneem nie. Boishaai onderneem volgende jaar 'n toer na Ierland en is daarom nie beskikbaar nie. 

Sedert die ontstaan van die toernooi in 2014 het dit van krag tot krag gegroei en volgende jaar sal daar 'n rekord van 18 van die land se voorste skolespanne in die Jakarandastad in aksie wees. 

Die toernooi word deur die gewese Bok-vleuel Pieter Rossouw en voormalige Blou Bul-spanbestuurder, Wynie Strydom, gereël. Strydom het self op sy dag die oond vir die Ligbloues skoongemaak. 

Die toernooi het 'n beskeie onstaan in 2014 gehad, met Paarl Gimnasium, Waterkloof, Menlopark en Harrismith wat die deelnemende skole was. Die Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi is egter nou saam met die Wildeklawer-toernooi die twee voorste skoletoernooie in Suid-Afrika. 

Die spanne is: 

Noord: Affies, EG Jansen, Garsfontein, Helpmekaar-kollege, HTS Middelburg, Menlopark, Monument, Noordheuwel, Waterkloof. 

Suid: Paarl Gimnasium, Boland Landbou, Durbanville, Stellenberg, Grey-kollege, Outeniqua, Paul Roos Gimnasium, Duineveld, Welkom Gimnasium.

[powr-comments id="c5ae62ad_1566463652924"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.