Bastion en Gordonsbaai open Marius Schoeman 7s-toernooi in "herontmoeting" van eindstryd

Written by Hannes Nienaber

MS7s-logo-2019 School of Rugby | Bastion en Gordonsbaai open Marius Schoeman 7s-toernooi in "herontmoeting" van eindstryd - School of RugbyDie verdedigende kampioen van die Marius Schoeman o.12-Sewestoernooi, Laerskool Bastion van Brackenfell, sal Donderdag om 15:00 sy aanslag om sy titel te behou teen Gordonsbaai afskop.  

Die twee spanne het mekaar toevallig in die eindstryd van verlede jaar se toernooi gepak. Bastion was met 26-14 baas om as kampioen gekroon te word. Die twee spanne is verlede week tydens die loting in dieselfde groep geloot. 

Die toernooi vind op die velde van Paarl Gimnasium, alma mater van Marius Schoeman, plaas. Schoeman staan aan stuur van SA Rugby se Sewes-akademie. 

Die eerste kampioen van die o.12-toernooi was Grey-kollege Primêr toe hy in 2017 as kampioen gekroon is. Die span van die Rosestad sal nie vanjaar in die Paarl in aksie wees nie.

Bastion en Gordonsbaai se groep word voltooi deur Klapmuts en Lochnerhof van die Strand. Lochnerhof het die laerskool van die Springbok-heelagter, Willie le Roux.  

Die Groepe: 

Groep A: Bastion, Gordonsbaai, Lochnerhof, Klapmuts.

Groep B: Laerskool Durbanville, Van Riebeeckstrand, Laerskool Gericke, Courtrai.

Groep C: Laerskool Noord-Eind, Believe Sport Ministries, Kenmare, Brackenfell.

Groep D: Paarl Gimnasium (Klein Gim), Hendrik Louw, Worcester Primêr, Laerskool De Hoop.

Die bepalings is: 

A-veld 

15:00 - Bastion vs Gordonsbaai; 15:20 - Lochnerhof vs Klapmuts; 15:40 - Noord-Eind vs Believe Sport Ministries; 16:00 - Kenmare vs Brackenfell; 16:20 - Durbanville vs Courtrai; 16:40 - Laerskool Gericke vs Van Riebeeckstrand; 17:00 - Klein Gim vs De Hoop; 17:20 - Worcester Primêr vs Hendrik Louw; 17:40 - Bastion vs Lochnerhof; 18:00 - Believe Sport Ministries vs Brackenfell; 18:20 - Gordonsbaai vs Klapmuts; 18:40 - Noord-Eind vs Kenmare. 

B-veld

15:00 - Durbanville vs Van Riebeeckstrand; 15:20 - Laerskool Gericke vs Courtrai; 15:40 - Klein Gim vs Hendrik Louw; 16:00 - Worcester Primêr vs De Hoop; 16:20 - Bastion vs Klapmuts; 16:40 - Lochnerhof vs Gordonsbaai; 17:00 - Noord-Eind vs Brackenfell; 17:20 - Kenmare vs Believe Sport Ministries; 17:40 - Van Riebeeckstrand vs Courtrai; 18:00 - Hendrik Louw vs De Hoop; 18:20 - Durbanville vs Laerskool Gericke; 18:40 - Klein Gim vs Worcester Primêr. 

[powr-comments id="5612d713_1567687051668"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.