Gimmies kampioen van die Marius Schoeman o.15-Sewestoernooi

Written by Hannes Nienaber

NewsGPaarlGimu15Kamp School of Rugby | Gimmies kampioen van die Marius Schoeman o.15-Sewestoernooi - School of RugbyPaarl Gimnasium se o.15-sewesspan het nie sy gelyke tydens die jaarlikse Marius Schoeman Sewes-toernooi in die Paarl gehad nie. Gimmies was ook die gasheer van die toernooi. 

Gimmies het vir Boland Landbou in die eindstryd van die toernooi met 27-14 verslaan om as kampioen gekroon te word. Die gasheer se taaiste wedstryd was in die kwarteindronde waar hy teen Outeniqua van George hard moes werk om met die telling op 12-10 in sy guns van die veld te stap. 

Die nederlaag het die wind uit die span van George se seile geneem. Outeniqua het daarna in sy uitspeelwedstryd teen Outeniqua met 17-19 teen Stellenberg vasgeval. Stellies het vroeër in 'n groepwedstryd teen Parel Vallei met 5-7 die onderspit gedelf. 

Gimmies het sy plek in die eindstryd met 'n sege van 24-0 oor Oakdale Landbou bespreek. Boland Landbou het die Hoër Jongenskool Paarl met 21-14 in die halfeindronde uitgeskakel.

Dean Crouse van die kampioen is as Speler van die Toernooi aangewys. Gimmies het met die titel ook sy plek in die Twizza Kampioen van Kampioene-toernooi later vanjaar in Bloemfontein bespreek. 

Die Kampioen van Kampioene-toernooi vind op 18 en 19 Oktober op Grey-kollege se velde in die Rosestad plaas. 

Al die uitslae: 

Groep A: Durbanville 21, Paul Roos 14; Gim Uitnodigingspan 40, Believe Sport Ministries 0; Paul Roos 17, Gim Uitnodigingspan 14; Durbanville 38, Believe Sport Ministries 12; Paul Roos 31, Believe Sport Ministries 7; Gim Uitnodigingspan 29, Durbanville 10.

Groep B: HJS Paarl 35, Tygerberg 0; Connect Academy 51, Edgemead 0; HJS Paarl 26, Connect Academy 14; Tygerberg 31, Edgemead 0; Tygerberg 26, Connect Academy 22; HJS Paarl 62, Edgemead 0.

Groep C: HTS Drostdy 29, Hermanus 14; Boland Landbou 42, Paulus Joubert 0; Boland Landbou 19, HTS Drostdy 17; Hermanus 24, Paulus Joubert 10; Boland Landbou 40, Hermanus 19; HTS Drostdy 47, Paulus Joubert 5.

Groep D: Outeniqua 21, Worcester Gimnasium 7; Oakdale Landbou 41, Vuka SA Legends 10; Worcester Gimnasium 52, Vuka SA Legends 19; Outeniqua 43, Vuka SA Legends 0; Oakdale Landbou 28, Worcester Gimnasium 7.

Groep E: Paarl Gimnasium 52, Milnerton 7; Paarl Barbarians 21, Overberg 5; Paarl Gimnasium 82, Overberg 0; Paarl Barbarians 26, Milnerton 5; Paarl Gimnasium 48, Paarl Barbarians 0; Milnerton 19, Overberg 14.

Groep F: Stellenberg 27, Brackenfell 5; Parel Vallei 5, Douglas 0; Parel Vallei 7, Stellenberg 5; Brackenfell 50, Douglas 7; Stellenberg 46, Douglas 0; Brackenfell 21, Parel Vallei 10.

KWARTEINDRONDE - Beker: Paarl Gimnasium 12, Outeniqua 10; Boland Landbou 24, Gim Uitnodigingspan 12; HJS Paarl 24, HTS Drostdy 19; Oakdale Landbou 40, Stellenberg 7. Plaat: Worcester Gimnasium 21, Brackenfell 15; Parel Vallei 35, Tygerberg 26; Connect Academy 15, Paul Roos 14; Durbanville 40, Paarl Barbarians 0. Bowl: Hermanus 38, Edgemead 10; Believe Sport Ministries 14, Overberg 7; Milnerton 24, Vuka SA Legends 0; Douglas 20, Paulus Joubert 0.

UITSPEELWEDSTRYDE - 3/4: Oakdale Landbou 31, HJS Paarl 17; Edgemead 10, Paulus Joubert 0; Overberg 21, Vuka SA Legends 12; Paarl Barbarians 43, Brackenfell 7; Paul Roos 12, Tygerberg 5; Stellenberg 19, Outeniqua 17; HTS Drostdy 19, Gim Uitnodigingspan 5.

HALFEINDRONDE - Beker: Paarl Gimnasium 24, Oakdale Landbou 0; Boland Landbou 21, HJS Paarl 14. Plaat: Durbanville 26, Worcester Gimnasium 12; Connect Academy 47, Parel Vallei 7. Bowl: Hermanus 38, Douglas 12; Milnerton 19, Believe Sport Ministries 7.

EINDSTRYDE - Beker: Paarl Gimnasium 27, Boland Landbou 14. Plaat: Connect Academy 24, Durbanville 19. Bowl: Hermanus 33, Milnerton 12.

[powr-comments id="52f9f198_1568122368190"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.