Daar is 'n nuwe Don Quixote in Worcester om die Donkies te lei

Written by Hannes Nienaber

NewsGJakeWhiteArthur School of Rugby | Daar is 'n nuwe Don Quixote in Worcester om die Donkies te lei - School of RugbyDaar is 'n nuwe "Don Quixote" om die Donkies van HTS Drostdy tot nuwe hoogtes te lei.

Sylvester Booysen sal hom in Oktober by HTS Drostdy as Direkteur van Rugby aansluit. Hy sal van Groblersdal in Limpopo na Worcester verhuis. Booysen was die afgelope jaar die hoof van van rugby van die Hoërskool Ben Viljoen op Groblersdal.

Hy sal ondersteun word deur een van Suid-Afrika se mees roemryke afrigters, Jake White. Laasgenoemde het die Springbokke tot Wêreldkampioene in 2007 gebrei. White het hom reeds as rugbykonsultant van 1 September af by HTS Drostdy aangesluit. 

Booysen was voorheen ook as afrigter by die Hoërskool Menlopark betrokke. Hy het in 2018 die Blou Bulle se o.16-span tot die hoofwedstryd van die Grant Khomo-week in Kimberley gebrei. Die Vrystaat is na afloop van die eindstryd vir die eerste keer as nie-amptelike kampioen van die Grant Khomo-week gekroon.  

Worcester vier volgende jaar sy 200ste bestaansjaar en HTS Drostdy bied as deel van die feesvieringe die jaarlikse Noord-Suid Derby aan. Volgende jaar se Noord-Suid Derby beloof om die grootste nog te wees. 

[powr-comments id="1b2d06c0_1568185319998"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.