Die vonke gaan behoorlik spat op vanjaar se Noord/Suid-toernooi

Written by Hannes Nienaber

NoordSuid School of Rugby | Die vonke gaan behoorlik spat op vanjaar se Noord/Suid-toernooi - School of RugbyDie sesde Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi beloof om die grootste sedert sy ontstaan in 2014 te wees. Die toernooi het van vier eerstespanne Waterkloof, Paarl Gimnasium, Menlopark en Harrismith in 2014 gegroei na 18 eerstespanne wat in 2020 se toernooi in aksie sal wees.

Die Noord/Suid-toernooi sal van 20 tot 24 Maart op Hoërskool Waterkloof in die Jakarandastad se hoofveld plaasvind.

Die Klofies sal in sy twee wedstryde van die toernooi teen Durbanville en Welkom Gimnasium te staan kom. Dit sal Durbanville se nuwe Direkteur van Rugby, Hans Coetzee, se eerste groot toets wees. Gimmies behoort tydens die hoofwedstryd van die laaste dag ook die Klofies se verdediging op die punte behoorlik op die proef te stel. 

Gimmies se SA Skole-agtsteman, Keke Morabe, sal ook voorlangs saam met die yster-kantman Calla Pienaar behoort onder die voorste losvoorspelers in aksie op die toernooi te tel. 

Die laaste dag se kragmetings het 'n hele paar wedstryde in, waar van die skole die bordjies na verlede jaar se uitslae sal wil verhang. Veral Boland Landbou sal sake teen Helpmekaar-kollege wil regstel. Die Helpies het verlede jaar se wedstryd tussen die twee spanne met 64-17 gewen. Dit was waarskynlik Helpies se beste vertoning van 2019, maar dit sal nie die manne van die Agter-Paarl se gewete sus nie. 

Outeniqua sal ook met 'n paar nuwe planne opdaag om Garsfontein te troef nadat die Turkoois Bere verlede jaar op sy tuisveld die Kwaggas met 28-24 in 'n opwindende tweestryd verslaan het. Monument se Wit Bulle sal ook die bordjies teen Paarl Gimnasium op die laaste dag wil verhang na Gimmies verlede jaar met 43-29 koning gekraai het. Monnas se ander wedstryd teen Boland Landbou beloof ook soos gewoonlik die geval tussen die twee skole 'n ysters fisieke tweestryd te wees. 

Garsies se kragmeting teen Paarl Gimnasium behoort ook een van die hoogtepunte van die toernooi te wees.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria, wat vanjaar sy eeufees vier, sal in sy enigste wedstryd van die toernooi teen Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch te staan kom. Affies bied kort daarna die Wêreld-skolefees as deel van sy feesvieringe aan.

Verlede jaar se voorste skolespan, Grey-kollege, kom op die eerste dag van die toernooi in die hoofwedstryd teen Menlopark te staan. Die Parkies het verlede jaar teen Grey voorgeloop teen die omdraaislag, maar het teen die eindfluitjie met 28-59 in die stof gebyt. Grey se ander kragmeting sal teen EG Jansen van Boksburg wees voordat hy ook by die Wêreld-skolefees aansluit.

Die bepalings is: 

Vrydag, 20 Maart 2020

19:30 - Grey-kollege vs Menlopark
18:00 - EG Jansen vs Stellenberg
16:30 - Noordheuwel vs Duineveld
15:15 - HTS Middelburg II vs Welkom Gimnasium II
14:00 - Garsfontein II (Grizzlies) vs Paarl Gimnasium II
12:45 - Menlopark II vs Grey-kollege II (Cherries)
11:30 - EG Jansen II vs Stellenberg II
10:00 - Noordheuwel II vs Duineveld II

Saterdag, 21 Maart 2020

20:00 - Affies vs Paul Roos Gimnasium
18:30 - Monument vs Boland Landbou
17:00 - Paarl Gimnasium vs Garsfontein
15:30 - Helpmekaar-kollege vs Outeniqua
14:00 - Waterkloof vs Durbanville
12:30 - HTS Middelburg vs Welkom Gimnasium
11:15 - Affies II vs Paul Roos Gimnasium II (Bituas)
10:00 - Helpmekaar-kollege II vs Outeniqua II
08:45 - Monument II (Kwaggas) vs Boland Landbou II
07:30 - Waterkloof II vs Durbanville II

Maandag, 23 Maart 2020 

19:30 - Menlopark vs Stellenberg
18:00 - Grey-kollege vs EG Jansen
16:45 - Monument II (Kwaggas) vs Paarl Gimnasium II
15:30 - Garsfontein II vs Outeniqua
14:15 - Helpmekaar II vs Boland Landbou II
13:00 - EG Jansen II vs Grey College II (Cherries)
11:45 - Menlopark II vs Stellenberg II
10:30 - Noordheuwel II vs Durbanville II
09:15 - HTS Middelburg II vs Duineveld II
08:00 - Waterkloof II vs Welkom Gimnasium II

Dinsdag, 24 Maart 2020 

17:00 - Waterkloof vs Welkom Gimnasium
15:30 - Garsfontein vs Outeniqua
14:00 - Helpmekaar-kollege vs Boland Landbou
12:30 - Monument vs Paarl Gimnasium
11:00 - Noordheuwel vs Durbanville
09:30 - HTS Middelburg vs Duineveld

LEES MEER: 

Noord/Suid se bepalings sê top skolerugby gaan in Pretoria plaasvind
Vyf nuwe gesigte te sien in volgende jaar se Noord/Suid-toernooi 
Four new South African faces for World Schools Festival of 2020

[powr-comments id="eb3efc23_1580276278744"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.