Marks en Le Maitre vuurwarm in die eerste ronde van NWU Prestige-reeks

Written by Hannes Nienaber

NewsGRehanLeMaitre School of Rugby | Marks en Le Maitre vuurwarm in die eerste ronde van NWU Prestige-reeks - School of RugbyDit is nog vroeg in die NWU Prestige-reeks, maar die gort is klaar behoorlik gaar. 

Die verdedigende kampioen, die Hoërskool Noordheuwel van Krugersdorp, het sy aanslag met 'n klinkende sege van 36-12 oor Potchefstroom Volkskool afgeskop. Die Nories sal baie tevrede wees met die volpunte wat hul weg van die huis ingesamel het. 

Die span van Krugersdorp se buitesenter en kaptein, Maurice Marks, het agterlangs saam die vleuel Matthew Gaaname blink vertonings gelewer. Gaaname het twee keer 'n draai agter Volkies se doellyn gemaak. Voorlangs het die flank De Wet Opperman 'n barshou gespeel. 

Marais Viljoen blyk ook 'n aanspraakmaker op vanjaar se titel te wees. Die span van Alberton het op sy tuisveld met 41-14 oor Heidelberg Volkskool koning gekraai. Die span se losskakel, Rehan le Maitre, is 'n naam wat nog baie vanjaar gehoor gaan word. 

Le Maitre het 21 punte tot sy span se sege oor Heidelberg Volkies bygedra. Hy het die vorige week teen Transvalia van Vanderbijlpark (46-11) in 'n vriendskaplike wedstryd ook 21 punte tot sy span se sege bygedra. Le Maitre het teen Volkies twee keer agter die doellyn gaan kuier, vier van sy span se ses drieë verdoel en ook 'n strafdoel tussen deur die pale gejaag.  

Die twee nuwelinge in die reeks, Oos-Moot en Hoërskool Rustenburg, het ook hul stemme dik gemaak. Rusties se haker, Michael Pieterse, het 'n driekuns aan drieë in sy span se oortuigende oorwinning van 54-19 oor Jeugland van Kemptonpark. Pieterse het verlede jaar SA Rugby se hoë-prestasie o.17-groep gehaal toe hy nog 'n leerling van die Heidelberg Volkskool was. 

Rusties se kaptein en agtsteman, JP Botha, het ook 'n driekuns aan drieë in die wedstryd behaal. Botha is ook sy skool se hoofseun. 

Oos-Moot het sy eerste wedstryd in die reeks teen Lichtenburg gemaklik met 30-12 gewen. Die span se losskakel, Gerrie Booyse, het 15 van sy span se punte met sy skopskoen aangeteken. Hy het al drie sy span se drieë verdoel asook drie strafdoele tussen deur die pale gejaag. 

Zwartkop het 'n sege in die doodsnikke oor die Hoërskool Middelburg deurgetrek danksy 'n drie deur Dieter Groenewald

Montana het ook sy aanslag op vanjaar se titel afgeskop deur Oosterlig met 59-3 af te ransel. Lihan du Preez (buitesenter), Eduan Coetzee (vleuel) en Etienne Claasens (haker) het elk twee keer 'n draai agter Oosterlig se doellyn gemaak.  Die span se losskakel, Joss Farrel, het self 19 punte opgestapel. Hy het van Montana se nege drieë afgerond en ook self een daarvan gedruk. 

Wesvalia moes ietwat sweet om verlede jaar se Virsekerbeker-kampioene van die Skild-afdeling, Hugenote van Springs, met 18-8 die loef af te steek. Die span van Klerksdorp se agtsteman, Jan-Hendrik Hattingh, het 'n uitmuntende vertoning opgedis. 

Puntemakers: 

Noordheuwel 36 - Drieë: Matthew Gaaname (2), Zandré Tesner, Wandré Coetzer, Maurice Marks, McNeil Lawack. Doelskoppe: Ronan Herman (2), Jaun Nieuwenhuizen. Potchefstroom Volkskool 12.

Oos-Moot 30 - Chris Carstens (2), Keegan Kuhn. Doelskoppe: Gerrie Booyse (3). Strafdoele: Booyse (3). Lichtenburg 12 - Drieë: Stiaan Loots, Wessel Northman. Doelskop: Loots.

Marais Viljoen 41 - Drieë: Rehan le Maitre (2), Tienie Rossouw, Renaldo Turner, Marcel Roos, Henno Viljoen. Doelskoppe: Le Maitre (4). Strafdoel: Le Maitre. Heidelberg Volkskool 14 - Drieë - Ethan Baird, Janco Aveling. Doelskoppe: Baird. 

Zwartkop 25 - Drieë: Keanu Coetzee, Juandré Faber, Dieter Groenewald. Doelskoppe: Groenewald, Jarno Snyders. Strafdoele: Groenewald, Snyders. Hoërskool Middelburg 22

Wesvalia 18 - Drieë: Jacques van der Merwe, Ulrich Swanepoel, Jan-Adriaan Hattingh. Strafdoel: JD van der Walt. Hugenote (Springs) 8 - Drie: Reinhardt van Vuuren. Strafdoel: Van Vuuren.   

Montana 59 - Drieë: Etienne Claasens (2), Eduan Coetzee (2), Lihan du Preez (2), Ruan du Toit, Jos Farrel, Ryan Ungerer. Doelskoppe: Farrel (7). Oosterlig 3 - Strafdoel: Ryan le Roux.. 

Die Anker 27 - Drieë: Tjaart Scheepers, Nathan Nel, Gunter Jacobs. Doelskoppe: Scheepers (3). Strafdoele: Scheepers (2). Potchefstroom Gimnasium 14

Hoërskool Rustenburg 54 - Drieë: Michael Pieterse (3), JP Botha (2), Diaan Venter (3). Doelskoppe: JJ Bosch (5), Refentse Moabi, Venter. Jeugland 19

Ander spanne: 

o.16: Zwartkop 45, Middelburg 14; Die Anker 51, Potch Gimmies 0; Montana 43, Oosterlig 0; Oos-Moot 49, Lichtenburg 19; Rustenburg 48, Jeugland 0; Wesvalia 54, Hugenote 5; Noordheuwel 45, Potch Volkies 8.

o.15: Middelburg 45, Zwartkop 3; Zwartkop 50, Potch Gimmies 0; Montana 19, Oosterlig 5; Oos-Moot 24, Lichtenburg 0; Jeugland 25, Rustenburg 14; Wesvalia 19, Hugenote 12; Noordheuwel 43, Potch Volkies 0.

o.14: Zwartkop 32, Middelburg 5; Die Anker 24, Potch Gimmies 5; Montana 52, Oosterlig 0; Lichtenburg 26, Oos-Moot 12; Rustenburg 15, Jeugland 12; Wesvalia 20, Hugenote 5;
Noordheuwel 31, Potch Volkies 0.

[powr-comments id="8e391b19_1583744641460"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.