Campus Cup vir Laerskole skop vandag op School of Rugby af

Written by Hannes Nienaber

CampusCupLogo School of Rugby | Campus Cup vir Laerskole skop vandag op School of Rugby af - School of RugbyDie eerste ronde van die Campus Cup vir laerskole skop vandag af. Die kompetisie is 'n virtuele kompetisie wat op 'n uitklopbasis op School of Rugby se Instagram en Facebook-blad beslis sal word. 

Die wenner van elke virtuele wedstryd sal deur die aantal stemme wat 'n skool ontvang bepaal word. Die stemming sal op albei platforms vir slegs 24 uur bly - ondersteuners van dié skole sal twee keer hul stem kan uitbring een keer op elk van die platforms (Instagram en Facebook). 

Op Instagram stem jy deur op jou skool se naam op die story te kliek - indien jy jou stem suksesvol uitgebring het, sal die story 'n persentasie van die stemme tot dusver uitgebring ten toon stel. Op Facebook gaan ons 'n nuwe sisteem uittoets deur dat ondersteuners bv. die post like vir Laerskool Pofadder en love vir Laerskool Geelslang. 

Wys jou ondersteuning vir jou skool en gemeenskap deur hulle tot die volgende ronde van die kompetisie deur te stem. Skole kan die skakel vir die Instagram storries met hulle ondersteuners via WhatsApp en op Facebook deel - asook dit deel via die skool se Instagram. 

Die eindstryd van die kompetisie sal op 15 Desember 2020 plaasvind. 

Vir meer inligting oor die kompetisie en ander skolerugby nuus besoek gerus ons webtuiste - www.schoolofrugby.co.za of laai die School of Rugby toepassing af op die Google Playstore. Indien u 'n iPhone gebruiker is, kan u die toepassing aflaai deur app.schoolofrugby.co.za the besoek en die home button in die regterkantse hoek te kliek. 

Die bepalings vir Ronde 1: 

Laerskool De Hoop vs Laerskool Constantiapark
Laerskool Witrivier vs Laerskool Wolmaransstad
Laerskool Tygerpoort vs Laerskool Hennopspark
St Helena Primary vs Laerskool Messina
Laerskool Wonderboom vs Laerskool Rustenburg
Queen's College vs Laerskool Concordia
Laerskool Fonrainebleau vs Laerskool Van Riebeeckstrand
Laerskool Staatspresident Swart vs Laerskool Worcester-Oos
Laerskool Saamtrek vs Laerskool Helderkruin 
Laerskool Florida vs Curro Hazeldean
Laerskool Sonop vs Sunridge Primary
Clarendon Park vs Laerskool Thabazimbi
Laerskool Risiville vs Laerskool Standerton
Laerskool Lochnerhof vs Laerskool Wierdapark
Durban North College vs Laerskool Dalview
Laerskool JJ van der Merwe vs Laerskool Pionier
Laerskool Muldersdrift vs Onze Rust
Harrismith Primary vs Laerskool Stephanus Roos 
Curro Hermanus vs Merchiston Prep
Sentrale Volkskool vs Laerskool Eureka
Laerskool Garsfontein vs Truida Kestell
Laerskool Pietersburg-Oos vs Paarl Gimnasium
Laerskool Krugersdorp-Noord vs Laerskool Vastrap
Willem Postma vs Op die Voorpos 
Laerskool Hartenbos vs Laerskool Marble Hall
Aristea vs Laerskool Brits
Kirkwood Primary vs HotRock 
Stirling Primary vs Laerskool Orion 
Grey Junior vs Laerskool Elarduspark 
Laerskool Hermanus vs Laerskool Welgemoed
Charlo Primary vs Westville Senior Primary School 
Highbury Prep vs Laerskool Randhart
Laerskool Seodin vs Laerskool Fairland
Laerskool van Van Rheede vs Laerskool Mooirivier 
Laerskool Eikestad vs Durban Prep
Laerskool Durbanville vs Laerskool Bastion 
Laerskool Magalieskruin vs Bellpark Primary 
Prieska vs Louw Geldenhuys
Laerskool Nelspruit vs Laerskool Riebeeckstad
Koppie Alleen vs Laerskool Menlopark
Laerskool Outeniqua vs Laerskool Tzaneen
Laerskool Louis Leipoldt vs Laerskool Stellenbosch
Worcester Primêr vs Hugenote Primary
Uplands Prep vs Laerskool Kruinsig
Grey Primêr vs Laerskool Pietersburg
Glenwood Prep vs Laerskool Olienpark 
Selborne Primary vs Van Riebeeckpark
Laerskool Skuilkrans vs Laerskool Knysna
Laerskool Goedehoop vs Curro Nelspruit
Laerskool Voorwaarts vs Laerskool De Aar
Laerskool Kroonheuwel vs Laerskool Pietersburg-Noord
Laerskool Voorpos vs Laerskool Park
Noordskool Sasolburg vs Laerskool Verkenner
Fichardtpark Primêr vs Laerskool Riebeek-Kasteel
Laerskool Fauna vs Laerskool Hendrik Louw
Laerskool Marietjie van Niekerk vs Laerskool Kenmare
Laerskool Universitas vs Laerskool Frikkie Meyer
Laerskool Handhaaf vs Laerskool Eugene Marais
Dale Primary vs Noorderlig Benoni
Douglas vs Fonteine
Laerskool Mikro vs Laerskool Monumentpark
Laerskool Gericke vs Laerskool Tuine 
Laerskool Gene Louw vs Laerskool Middelburg
Klein Boishaai vs Jordania

[powr-comments id="17c18c2c_1605767188229"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.