Die virtuele skolerugby krag onder laerskole blyk tot dusver om in Pretoria te lê.
Daar is slegs 16 laerskole oor in die Campus Cup en agt van dié skole kom vanuit Pretoria. Die agt skole uit die Jakarandastad wat die week gaan poog om tot die kwarteindronde van die reeks deur te dring is - Hennopspark, Wonderboom, Wierdapark, Stephanus Roos, Garsfontein, Elarduspark, Menlopark en Monumentpark.
Dalk is dit 'n geval dat die skole in die Jakarandastad se sosiale media op Facebook en Instagram op so standaard is dat hulle heelwat meer ondersteuning kan werf.
Grey-kollege Primêr van Bloemfontein, Outenqua van George, Frikkie Meyer, Pietersburg-Noord, Noordskool Sasolburg, Thabazimbi, Helderkruin, Hartensbos en Bastion van Brackenfell is die ander agt spanne wat in die vierde ronde in aksie sal wees.
Die vierde ronde skop Woensdag of School of Rugby se Instagram en Facebook blaaie af.
Die wenner van elke virtuele wedstryd sal deur die aantal stemme wat 'n skool ontvang bepaal word. Die stemming sal op albei platforms vir slegs 24 uur bly - ondersteuners van dié skole sal twee keer hul stem kan uitbring een keer op elk van die platforms (Instagram en Facebook).
Op Instagram stem jy deur op jou skool se naam op die story te kliek - indien jy jou stem suksesvol uitgebring het, sal die story 'n persentasie van die stemme tot dusver uitgebring ten toon stel. Op Facebook gaan ons 'n nuwe sisteem uittoets deur dat ondersteuners bv. die post like vir Laerskool Pofadder en love vir Laerskool Geelslang.
Wys jou ondersteuning vir jou skool en gemeenskap deur hulle tot die volgende ronde van die kompetisie deur te stem. Skole kan die skakel vir die Instagram storries met hulle ondersteuners via WhatsApp en op Facebook deel - asook dit deel via die skool se Instagram.
# | Round 3 | Insta | FB | Total |
---|---|---|---|---|
1 | Witrivier | 285 | 99 | 384 |
Hennopspark | 280 | 249 | 529 | |
2 | Wonderboom | 332 | 216 | 548 |
Worcester-Oos | 233 | 213 | 446 | |
3 | Helderkruin | 261 | 23 | 284 |
Thabazimbi | 231 | 68 | 299 | |
4 | Wierdapark | 390 | 110 | 500 |
Durban North College | 202 | 47 | 249 | |
5 | Stephanus Roos | 271 | 92 | 363 |
Sentrale Volkskool | 200 | 59 | 259 | |
6 | Garsfontein | 350 | 133 | 483 |
Vastrap | 158 | 114 | 272 | |
7 | Hartenbos | 336 | 11 | 347 |
Orion | 156 | 5 | 161 | |
8 | Elarduspark | 299 | 223 | 522 |
Randhart | 183 | 16 | 199 | |
9 | Mooirivier | 260 | 75 | 335 |
Bastion | 230 | 243 | 473 | |
10 | Magalieskruin | 135 | 59 | 194 |
Menlopark | 333 | 63 | 396 | |
11 | Outeniqua | 292 | 37 | 329 |
Kruinsig | 182 | 43 | 225 | |
12 | Grey Primer | 389 | 22 | 411 |
Knysna | 153 | 98 | 251 | |
13 | Curro Nelspruit | 255 | 328 | 583 |
Pietersburg-Noord | 293 | 360 | 653 | |
14 | Noordskool Sasolburg | 260 | 155 | 415 |
Kenmare | 241 | 134 | 375 | |
15 | Frikkie Meyer | 244 | 8 | 252 |
Fonteine | 198 | 11 | 209 | |
16 | Monumentpark | 210 | 139 | 349 |
Middelburg | 227 | 117 | 344 |
[powr-comments id="cc5317c8_1615209230247"]