Uitslae - Dag 1 - Canon Kwagga-week 2018

Written by Hannes Nienaber

Kwagga School of Rugby | Uitslae - Dag 1 - Canon Kwagga-week 2018 - School of RugbyDie Hoërskool Outeniqua se o.14-rugbyspan het die eerste dag van sy skool se jaarlikse Canon Kwagga-week (vir o.14-spanne) in George met 'n sege van 17-0 oor HTS Middelburg afgeskop. Die week vind sedert 1995 plaas. 

Menlopark het ook weer vanjaar 'n bul o.14-span as sy sege van 41-0 oor Paul Roos Gimnasium enige aanduiding kan wees. Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het sy kragmeting op die eerste dag teen Durbanville met 21-15 gewen. 

Die Hoër Jongenskool Paarl het Monument van Krugersdorp gemaklik met 22-5 verslaan. 

Al die uitslae: 

o.14 

Outeniqua 17, HTS Middelburg 0; Menlopark 41, Paul Roos Gimnasium 0; Boland Landbou 10, Garsfontein 0; Affies 21, Durbanville 15; Hoër Jongenskool Paarl 22, Monument 5; Waterkloof 20, Stellenberg 5; Curro Nelspruit 34, Windhoek Gimnasium 12; Ben Vorster 36, Diamantveld 17; Grey High School 29, Noordheuwel 26; Parel Vallei 41, Jeugland 0; Wynberg Boys' High 12, Zwartkop 5; Langenhoven Gimnasium 50, Menlopark II 8; Hoërskool Klerksdorp 36, Hugenote (Wellington) 0; Pearson 10, Heidelberg Volkskool 5.

o.15

Parel Vallei 51, Jeugland 0; Heidelberg Volkskool 52, Hoërskool Bellville 0; Diamantveld 41, Hugenote (Wellington) 10; Grey High School 48, Ben Vorster 0; Outeniqua 10, Boland Landbou 3; Pearson 27, Langenhoven Gimnasium 5; Curro Nelspruit 22, Windhoek Gimnasium 17; Kwagga XV 19, Robertson 14.

 

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.