Dis Monnas teen Menlopark in die eindstryd van die Tuks-reeks

Written by Hannes Nienaber

NewsGMonnasGars School of Rugby | Dis Monnas teen Menlopark in die eindstryd van die Tuks-reeks - School of RugbyMonument van Krugersdorp sal sy titel as kampioen van die Tuks-reeks teen Menlopark verdedig.

Monnas het die vyf drieë wat hulle benodig het om hul plek in die eindstryd te bespreek reeds in die agtste minuut van die tweede helfte in sy klinkende sege van 68-31 oor Garsfontein behaal.

Dit was ook heel gepas sy kaptein en SA Skole-haker, Morné Brandon, met sy tweede drie in die wedstryd die belangrike tweede bonuspunt verseker het.

Transvalia van Vanderbijlpark sal ondanks die feit dat hy tot dusver ook onoorwonne in die reeks is uitspeel vir die derde en vierde posisie met EG Jansen van Boksburg.

Transvalia het die Hoërskool Pietersburg met 64-17 geslag om sy kanse lewend te hou, maar dit was op die ou einde net nie genoeg nie.

Menlopark sal vir die eerste keer in die eindstryd van die reeks in aksie wees na hy EG Jansen met 27-22 getroef het. Die Parkies het met speeltyd so te sê verstreke vir die eerste keer die voortou danksy ‘n drie deur sy loskopstut, Jaco Brits, wat deur die skrumskakel, Bernard van der Linde, verdoel is. Van der Linde het ook ‘n 50 meter strafdoel na die drie oorgeklits om sout in die Jansies se wonde te vryf.

Die Hoërskool Lichtenburg sal vir die vierde agtereenvolgende jaar in die eindstryd van die NWU-Pukke Prestige-reeks in aksie wees. Die Liggies het naelskraaps vir Zwartkop met 19-18 in die halfeindstryd verslaan.

Lichtenburg sal teen die Hoërskool Middelburg in die eindstryd te staan kom.

Middelburg wat vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier het Potchefstroom Volkskool met 24-22 in die ander halfeindstryd uitoorlê. Die wenspan se agtsteman, Rowayne Skosana, en senter Coenraad Visser was op hul stukke vir Middies.

Pionier van Vryheid kan uiteindelik daarop roem dat hy die alleenhouer van die NWU-Pukke 16-reeks se trofee is. Die span van Vryheid het nie sy gelyke in vanjaar se reeks gehad nie en Leeuwenhof Akademie met 38-13 gister in die eindstryd in Potchefstroom verslaan.

Pionier het verlede jaar die louere met Bekker van Magaliesburg (17-elk) gedeel.

Voortrekker van Bethlehem kon nie al die gate op sy tuisveld teen Welkom Gimnasium toestop nie. Die Gimmies was op hul stukke en het met 66-0 met die Trekkers geploeg. Die ander span van Bethlehem, Witteberg, het op sy tuisveld sy rieme met 29-41 teen Goudveld-Hoërskool styfgeloop.

Jim Fouché se afrigters, Schalk Malherbe jr. en Corné Erasmus, sal gelukkig wees met hul span se sege van 29-19 oor Fichardtpark in die Vrystaat se A-liga.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het in die Goudstad gesweet om King Edward VII met 12-3 die loef af te steek.

Die eerste skote in die Virsekerbeker het ook geklap met Secunda en Lydenburg wat in die Puma-streek goeie seges oor onderskeidelik (Standerton (45-29) en Hoogenhout (54-12) behaal het.

AL DIE UITSLAE

TUKS-REEKS

Monument 68, Garsfontein 31; Menlopark 27, EG Jansen 22; Transvalia 64, Hoërskool Pietersburg 17; Hoërskool Nelspruit 22, Eldoraigne 19; HTS Middelburg 40, Kempton Park 24.

NWU-PUKKE PRESTIGE-REEKS

Lichtenburg 19, Zwartkop 18; Hoërskool Middelburg 24, Potchefstroom Volkskool 22, Noordheuwel 24, Montana 10; Potchefstroom Gimnasium 54, Jeugland 17; Die Anker 38, HTS Witbank 15; Wesvalia 53, Oosterlig 3; Marais Viljoen 24, Randburg 14; Hugenote (Springs) 17, Driehoek 17.

NWU-PUKKE 16-REEKS

Pionier 38, Leeuwenhof 13; Fochville 39, Pretoria-Noord 24; Piet Retief 31, Vryburg 13; Stoffberg 47, Bekker 21; Ferrum 31, Schoonspruit 31; Delmas 43, Overvaal 15; Wolmaransstad 31, Oosterland 27; Volksrust 29, Alberton High 26.

SUPERREEKS

Brandwag (Benoni) 19, Ligbron 15; Heidelberg Volkskool 41, Generaal Hertzog 35; Dinamika 17, Hoërskool Tuine 15; Die Wilgers 24, Wagpos 13; Bergsig 19, Jan Viljoen 17; Vereeniging Gimnasium 43, Ligbron II 0.

WES-KAAP

Paul Roos Gimnasium 43, Grey High School 8; Hoër Jongenskool Paarl 32, Wynberg Boys’ High 28; Paarl Gimnasium 54, SACS 38; Stellenberg 74, Parel Vallei 10; Bishops 66, Tygerberg 5; Boland Landbou 67, Rondebosch Boys’ High 12; Hoërskool Bellville 43, Strand 8; Oakdale Landbou 39, Durbanville 21; President 26, Parow 24.

NOORDVAAL

Affies 12, King Edward VII 3; Hoërskool Klerksdorp 31, Hoërskool Alberton 18; Jeppe High School for Boys’ 45, Westville Boys’ High 25; Oos-Moot 52, HTS John Vorster 0; Overkruin 26, Midstream College 17; Erasmus (Bronkhorstspruit) 57, Pretoria THS 15; HTS Tuine 15, Gerrit Maritz 10; HF Verwoerd 34, Uitsig 0; Akasia 26, FH Odendaal 14; Curro Hazeldean 27, Cullinan 13; Secunda 45, Standerton 29; Barberton 50, Uplands College 19; Curro Nelspruit 45, Bergvlam 25; Lydenburg 54, Hoogenhout 12; Dr. Malan 33, Hans Moore 27; Nylstroom 35, Eric Louw 0; Curro Heuwelkruiin 43, Mitchellhouse 5; Louis Trichardt 53, Stanford Lake College 17; Frikkie Meyer 72, Ellisras 3; Frans du Toit 35, Warrmbad 17; Piet Potgieter 84, HTS Tom Naudé 0; Merensky 27, Hans Strijdom 12.

OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL

Selborne College 54, Queen’s College 0; Glenwood 58, Kearsney College 8; Hilton College 29, Maritzburg College 18; Dale College 22, Stirling 17; Marlow Landbou 52, Hoërskool Grens 7; Framesby 43, HTS Daniël Pienaar 5; Durban High School 27, Michaelhouse 14; Nico Maln 41, Langenhoven Gimnasium 31; Brandwag (Uitenhage) 76, Itembelihle 8.

VRYSTAAT

Welkom Gimnasium 66, Voortrekker 0; Goudveld-Hoërskool 41, Witteberg 29; AHS Kroonstad 31, Hentie Cilliers 24; Jim Fouché 29, Fichardtpark 19; Cherries 68, Louis Botha 21; Brandfort 52, Hoërskool Bloemfontein 3; Peaches 66, Landboudal 12; Riebeeckstad 38, Hennenman 14; Wessel Maree 34, HTS Sasolburg 17; Bultfontein 41, Theunissen 7; Bothaville 26, HTS Welkom 21.

X

Right Click

No right click