Ben Vorster slag Florida af, terwyl Oos-Moot ook spiere bult

Written by Hannes Nienaber

NewsGBenVorster School of Rugby | Ben Vorster slag Florida af, terwyl Oos-Moot ook spiere bult - School of RugbyDie eerste rugbyspan van Ben Vorster in Tzaneen het vir Florida verrompel in sy tweede  in vanjaar se Virsekerbeker se Skild-afdeling om 'n vroeë waarskuwing aan die ander spanne in die kompetisie te stuur. Die Vossies het die kragmeting met 93-12 gewen. 

Die span se buitesenter, Christiaan Smit, het drie keer die besoekers se doellyn oorgesteek. Hy was verwoestend met die bal in die hand. Die heelagter, Jason Mulder, het ook elke keer wat hy 'n aanval vanuit die laaste vesting geloots het, gevaarlik gelyk. Hy het sy tweestryd teen Florries se Cravenweek-heelagter, Tino Swanepoel, gewen. 

Voorlangs het die haker, Shaun Mulder, en agtsteman, Thapelo Ramoshaba, uitmuntend vertoon. Mulder het veral op verdediging 'n paar manne in hul spore gestuit, terwyl Ramoshaba in die vastelos gewoel het. 

Die Hoërskool Pietersburg het sy aanslag in die Skild-kompetisie met 'n sege van 27-20 oor Jeugland van Kemptonpark afgeskop. Die span se losskakel, Zander de Ridder, het sy skopskoen aangehad en 12 van sy span se punte aangeteken. 

Oos-Moot gaan ook nie sommer vanjaar gekarnuffel word nie. Die span van Pretoria het Hugenote van Springs met 63-3 afgeslag. 

Sy woelige haker, Eduan Swart, het drie keer oor Hugenote se doellyn na kraglopies gebars. Die heelagter, Jaco Kok, en die skrumskakel, Marco Vorster, het elk ook dubbelle driedruk-plesier ervaar. Die losskakel, Christo Bornman, is 'n skerpskutter wat al nege sy span se drieë verdoel het. 

In die herontmoeting van verlede Saterdag se eindstryd van die NWU-Pukke se Prestige-reeks het Lichtenburg naelskraaps met 3-0 oor die Hoërskool Middelburg geseëvier. Die punteverskil in die eindstryd was ook drie punte in Lichtenburg se guns met die eindtelling wat toe op 20-17 te staan gekom het. Die enigste punte is in die tweede helfte deur 'n strafdoel van die skopskoen van Ryan Burger aangeteken. 

Puntemakers: 

Hoërskool Lichtenburg 3 (0) - Strafdoel: Ryan Burger. Hoërskool Middelburg 0

Hoërskool Pietersburg 27 - Drieë: Franco du Plessis, Ruan van Tonder, Schalk Potgieter. Doelskoppe: Zander de Ridder (3). Strafdoele: De Ridder (2). Jeugland 20 - Drieë: Deniro van der Walt, Wian Calitz. Doelskoppe: Jayden Boshoff (2). Strafdoele: Boshoff (2).

Ben Vorster 93 (40) - Drieë: Christiaan Smit (3), Jason Mulder (2), Ferrol Harmse (2), Thapelo Ramoshaba (2), CJ Erasmus, Shima Molepo, Zian van den Heever, DJ du Preez. Doelskoppe: Du Preez (6), Van den Heever (2), Erik Meintjies. Florida 12 (5) - Drieë: Tino Swanepoel, Morné van Jaarsveld. Doelskop: Swanepoel.

Oos-Moot 63 - Drieë: Eduan Swart (3), Jaco Kok (2), Marco Vorster (2), JP van der Meulen, Ruan Bezuidenhout. Doelskoppe: Christo Bornman (9). Hugenote (Springs) 3 - Strafdoel: Derik Biermann.

Ander spanne: 

o.16: Middelburg 34, Lichtenburg 30; Jeugland 68, Pietersburg 5; Ben Vorster 99, Florida 13; Oos-Moot 27, Hugenote 23.

o.15: Lichtenburg 15, Middelburg 0; Pietersburg 15, Jeugland 12; Florida 24, Ben Vorster 22; Oos-Moot 19, Hugenote 10.

o.14: Middelburg 52, Lichtenburg 5; Jeugland 29, Pietersburg 17; Ben Vorster 38, Florida 31; Oos-Moot 33, Hugenote 5.  

X

Right Click

No right click