Garsies neem wraak teen Monument

Written by Hannes Nienaber

NewsGCampoWillemse School of Rugby | Garsies neem wraak teen Monument - School of RugbyDie Hoërskool Garsfontein het die bordjies behoorlik teen die kampioen van die Virsekerbeker, Monument, op sy tuisveld, die Ras van Rooyen, hier verhang.

Die Garsie Bere het met 49-39 as oorwinnaars van die veld gestap na hulle vroeër vanjaar op die einste veld tydens die Tuks-reeks met 31-68 afgeslag is.

Garsies se heelagter, Campo Willemse, was op sy stukke hy het twee keer sonder veel moeite verby Monnas se verdediging geglip om te gaan druk.

Die skrumskakel, Jurich Claassens, asook die vleuel, Kallie Calitz, was ook sterre in Garsies se sege. Vir Monnas was sy skrumskakel, Zihan Coetzee, sy beste speler. Die span se SA Skole-haker en kaptein, Morné Brandon, het beter vertoon, maar is nog nie heeltemal op sy stukke nie.

Helpmekaar het op sy tuisveld in die Goudstad met ‘n sege van 29-10 oor EG Jansen van Boksburg gewys dat hy nie nou al in die Virsekerbeker afgeskryf kan word nie.

Helpies het met die wind van agter in die eerste helfte slegs ‘n voorsprong van 5-3 teen rustyd geniet. Die tuisspan het ondanks die grootste porsie van die balbesit asook die gebiedsvoordeel nie veel munt uit die eerste helfte geslaan nie.

Jansies se losskakel, Aurelio Philander, het met ‘n strafdoel in die 33ste minuut die eerste punte van die wedstryd aangeteken. Helpies se vleuel Christiaan Bezuidenhout, het kort daarna sy span se enigste punte in die eerste helfte aangeteken.

Vir Helpies was sy slot Michael Amiras uitstaande, terwyl die skrumskakel, Marco van Staden ook ‘n klop op die skouer vir sy vertoning verdien. Vir Jansies was die senter Dylan Schwartz soos gewoontlik goed.

Menlopark was met 49-19 oor HTS Middelburg baas in ‘n wedstryd wat net nie aan die gang wou kom nie. Parkies se skitterende skrumskakel, Bernard van der Linde, asook die senter Ruan Oosthuizen kan wel tevrede met hul vertonings voel.

Kempton Park het in die Plaat-kompetisie van die Virsekerbeker sake behoorlik oopgekrap. Kempies het die enigste onoorwonne span in die afdeling met 48-33 verslaan.

Die vaskopstut, Kabous Bezuidenhout, het ‘n vertoning gelewer waaroor daar nog lank in Kempton Park oor gepraat sal word. Bezuidenhout is ongelukkig om nie in die Valke se Cravenweek-span te wees nie. Hy sal wel ook in die Paarl op die Akademie-week in aksie wees.

Die buitesenter, Werner Schoeman, het ook na willekeur gapings in Nories se verdediging geslaan.

NewsGBolandLandbou School of Rugby | Garsies neem wraak teen Monument - School of RugbyDie Hoër Jongenskool Paarl het oor genoeg krag voorlangs beskik om ‘n fisieke stryd in die modder teen Boland Landbou in die Agter-Paarl met 22-17 te wen. Boishaai het ‘n skrale voorsprong van 14-12 teen die omdraaislag geniet.

Wynberg Boys’ High het sy aanspraak as die sterkste span vanuit die suidelike voorstede van Kaapstad met ‘n sege van 46-22 oor SACS versterk. Bishops het Rondebosch Boys’ High met 25-20 die loef afgesteek.

In Afdeling 2 van die Virsekerbeker het Randburg sy plek in die eindstryd van die Goue Leeus met ‘n klinkende sege van 59-13 oor Bastion bespreek. Randburg sal teen die Hoërskool Alberton in die eindstryd sake uitspook.

In die Pumas se eindstryd sal Ligbron en Secunda slaags wees. Albei spanne het nie veel probleme teen onderskeidelik Lydenburg (53-21) en Piet Retief (56-14) in die halfeindronde bevind nie.

In Afdeling 3 is Hoogenhout van Bethal die Puma-kampioen na hy Oosterland van Secunda met 46-22 in die eindstryd geklop het.

AL DIE UITSLAE: 

VIRSEKERBEKER

Afdeling 1 – Beker: Garsfontein 49, Monument 39; Helpmekaar 29, EG Jansen 10; Menlopark 49, HTS Middelburg 19. Plaat: Kempton Park 48, Noordheuwel 33; Montana 32, Centurion 24. Skild: Ben Vorster 30, Lichtenburg 12; Hoërskool Middelburg 80, Jeugland 0; Florida 41, Hugenote (Springs) 35.  

Afdeling 2 – Blou Bulle: Hoërskool Tuine 54, Pretoria-Noord 19; Wonderboom 18, Die Wilgers 3. Goue Leeus-halfeindstryd: Randburg 59, Bastion 13. Limpopo: Piet Potgieter 33, Ellisras 22. Luiperds: Hoërskool Klerksdorp 41, Wesvalia 15; Potchefstroom Volkskool 38, Wagpos 18. Puma-halfeindronde: Secunda 56, Piet Retief 14; Ligbron 53, Lydenburg 21. Valke: Hans Moore 13, Die Anker 12; Oosterlig 26, Driehoek 26.

Afdeling 3 – Limpopo: Curro Heuwelkruin 40, Frans du Toit 27. Puma-eindstryd: Hoogenhout 46, Oosterland 22. Valke: Stoffberg 57, John Vorster (Nigel) 12.

Afdeling 4 – Blou Bulle: Curro Roodeplaat 19, Silverton 12. Pumas: Morgenzon Landbou 64, Curro Bakenveld 0.

OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL

Hilton College 26, St Charles College 19; Brandwag (Uitenhage) 74, Otto du Plessis 11; St Andrew’s College 38, Pearson 6; Westville Boys’ High 35, Maritzburg College 27; Kearsney College 34, St Benedict’s College 29; Graeme College 26, Queen’s College 22; Kingswood College 66, Hoërskool Grens 5; Michaelhouse 33, Clifton 31.

NOORDVAAL

St Stithians College 50, Pretoria Boys’ High 36; St John’s College 19, St David’s Marist 17.

WES-KAAP

Hoër Jongenskool Paarl 22, Boland Landbou 17; Stellenberg 54, Milnerton 5; Bishops 25, Rondebosch Boys’ High 20; Hoërskool Bellville 28, Durbanville 27; DF Malan 45, HTS Bellville 0; Wynberg Boys’ High 46, SACS 22.

GRIEKWA BONDEDAG

Vrystaat o.18 83, Griekwas o.18 0; Sandveld 48, Vrystaat Kiewiete 43.

X

Right Click

No right click