Wildeklawer-feesstryd van die baan

Written by Hannes Nienaber

Wildeklawer10 School of Rugby | Wildeklawer-feesstryd van die baan  - School of RugbyDie beplande feeswedstryd van die twee uitsoekspanne van Wildeklawer wat op 15 September op Ellispark sou plaasvind is gekanseleer. Dié wedstryd sou een van die hoogtepunte van die tiende bestaansjaar van die gesogte toernooi gewees het. Dit sou as die vernaamste voorwedstryd van die Curriebeker-wedstryd tussen die Goue Leeus en die Westelike Provinsie gedien het. 

"Die impak van 'n lang seisoen, en die werklikheid van die naderende graad 12 eksamens, het ongelukkig aanleiding gegee tot die onbeskikbaarheid van 'n groot aantal van die verkose spelers. Talle van die spelers was ook betrokke by die wedstryde van die Suid-Afrikaanse Skole-span tydens hul onlangse vierhoekige reeks teen Wallis, Engeland en Frankryk asook die SA Sewes-span," lui die verklaring van Wildeklawer.  

Keurders het tydens die Wildeklawer-toernooi vroeër vanjaar in Kimberley twee spanne - Noord en Suid, gekies. Die twee spanne sou mekaar in 'n vertoonwedstryd die stryd aansê.  

"In die beste belang van die spelers en hul onderskeie skole, het die Strategiese Komitee van die Wildeklawer-toernooi, besluit om die beplande feeswedstryd af te stel. Die verkose spelers sal steeds deur Wildeklawer op 'n gepaste wyse vereer word by wyse van spesiale sertifikate wat na hul onderskeie skole gestuur sal word," sluit die verklaring af. 

Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch sal Suid-Afrika volgende jaar op die Sanix-toernooi in Japan verteenwoordig. Dit beteken Wildeklawer sal nog 'n span na volgende jaar se toernooi moet nooi. Dit sal waarskynlik 'n SARU XV-tal wees. 

X

Right Click

No right click