Spanne bekend vir Kwagga-week van 2019

Written by Hannes Nienaber

Kwagga School of Rugby | Spanne bekend vir Kwagga-week van 2019 - School of RugbySoos die gebruik sedert 1995 sal van die land se voorste o.14-spanne volgende jaar in Maart in George vir die jaarlikse Kwagga-week saamtrek. Die toernooi wat deur die Hoërskool Outeniqua aangebied word sal van 15 tot 20 Maart plaasvind. 

Die week beloof om nog groter in 2019 te wees met 28 o.14-spanne wat aan wat in George in aksie sal wees. In 2018 was daar 26 spanne op die week in aksie. Buiten die o.14-spanne sal daar ook 14 o.15-spanne aan die week deelneem. 

Tydens die week van 2018 het Affies, Menlopark, Ben Vorster van Tzaneen en Wynberg Boys' High se spanne die fees van rugby onoorwonne afgesluit. 

Die bepalings vir die week sal later bekend gemaak word. Meeste van die wedstryde sal regstreeks op DigiTV.co.za gebeeldsend word op Kwagga TV

Die deelnemende spanne is: 

o.14: Afrikaanse Hoër Seunskool (Pretoria), Ben Vorster, Boland Landbou, Curro Nelspruit, Diamantveld, Durbanville, Ellisras, Framesby, Garsfontein, HTS Middelburg, Hugenote (Wellington), Jeugland, Kempton Park, Klerksdorp, Langenhoven Gimnasium, Menlopark, Monument, Noordheuwel, Outeniqua, Hoër Jongenskool Paarl, Parel Vallei, Paul Roos Gimnasium, Pearson, Stellenberg, Heidelberg Volkskool, Waterkloof, Wynberg Boys' High, Zwartkop. 

o.15: Hoërskool Bellville, Ben Vorster, Boland Landbou, Diamantveld, Durbanville, Hugenote (Wellington), Jeugland, Kwagga Uitnodigingspan, Langenhoven Gimnasium, Outeniqua, Parel Vallei, Pearson, Heidelberg Volkskool, Wynberg Boys' High. 

X

Right Click

No right click