Bepalings vir die Kwagga-week van 2019 bekend

Written by Hannes Nienaber

KwaggaWeek School of Rugby | Bepalings vir die Kwagga-week van 2019 bekend - School of RugbyDie land se voorste o.14-spanne weet nou wat die eerste uitdaging oor hulle pad tydens die jaarlikse Kwagga-week in George sal wees. Die week vind van 15 tot 20 Maart op die velde van Hoërskool Outeniqua in George plaas. 

Die toernooi is die eerste keer in 1995 aangebied en daar neem ook van die skole se o.15-spanne aan deel. 

In die hoofwedstryd van die eerste dag sal Outeniqua en Boland Landbou se o.15-spanne mekaar in 'n liplekkerstryd pak. Die wedstryd tussen Monument en die Hoër Jongenskool Paarl se o.14-spanne op die eerste dag beloof om een van dié wedstryde van die week te wees. 

Menlopark en Paul Roos Gimnasium se o.14's sê mekaar ook die stryd aan. Die skool van Pretoria se jongelinge het verlede jaar die stryd tussen die twee jongspanne gemaklik met 41-0 gewen. Paul Roos sal wil wys dat sy nuwe groep weer saam met die groot honde kan blaf. 

Die bepalings vir die tweede en derde dag van die toernooi sal na afloop van elke dag se wedstryde bepaal word om 'n krag-teen-krag stelsel te virseker. 

Die 2019-weergawe beloof om nog groter as verlede jaar se toernooi te wees, met 28 o.14-spanne wat aan wat in George in aksie sal wees. In 2018 was daar 26 spanne op die week in aksie. Buiten die o.14-spanne sal daar ook 14 o.15-spanne aan die week deelneem.

Tydens die week van 2018 het Affies, Menlopark, Ben Vorster van Tzaneen en Wynberg Boys' High se spanne die fees van rugby onoorwonne afgesluit.

Meeste van die wedstryde sal regstreeks op DigiTV.co.za gebeeldsend word op Kwagga TV.

Die bepalings is: 

Saterdag, 16 Maart 2019 

A-veld 

08:30 - o.14 - Diamantveld vs Zwartkop
09:30 - o.14 - Boland Landbou vs Garsfontein
10:30 - o.15 - Hoërskool Bellville vs Pearson
11:30 - o.14 - Menlopark vs Paul Roos Gimnasium
12:30 - o.15 - Diamantveld vs Wynberg Boys' High 
13:30 - o.14 - Affies vs Durbanville
14:30 - o.14 - Monument vs Hoër Jongenskool Paarl
15:30 - o.15 - Durbanville vs Framesby
16:30 - o.15 - Outeniqua vs Boland Landbou

B-veld 

08:30 - o.14 - Jeugland vs Pearson
09:30 - o.14 - Heidelberg Volkskool vs Hugenote (Wellington)
10:30 - o.14 - Outeniqua vs Waterkloof
11:30 - o.14 - Stellenberg vs HTS Middelburg
12:30 - o.15 - Jeugland vs Glenwoodhouse
13:30 - o.14 - Parel Vallei vs Hoërskool Klerksdorp
14:30 - o.14 - Wynberg Boys' High vs Curro Nelspruit
15:30 - o.15 - Parel Vallei vs Langenhoven Gimnasium 
16:30 - o.15 - Heidelberg Volkskool vs Hugenote (Wellington)

C-veld

08:30 - o.14 - Outeniqua II vs Monument II
09:30 - o.14 - Menlopark II vs PW Botha College
10:30 - o.14 - Framesby vs Kempton Park
11:30 - o.14 - Ellisras vs Langehoven Gimnasium

Other related articles: 

Spanne bekend vir Kwagga-week van 2019
Uitslae - Dag 1 - Canon Kwagga-week 2018

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.