Hier is Oakdale Landbou se rugbyweek se bepalings vir 2019

Written by Hannes Nienaber

NewsGOakdaleXVtal School of Rugby | Hier is Oakdale Landbou se rugbyweek se bepalings vir 2019 - School of RugbyDié Bulle van Oakdale Landbou sal op die eerste dag van hul skool se jaarlikse rugbyweek in die hoofwedstryd teen die Rooi Bulle van HTS Middelburg te staan kom.

Oakdale het verlede jaar onder die voorste tien spanne in die land getel, terwyl die Rooi Bulle ‘n seisoen beleef het wat hulle liefs van sal wil vergeet. HTS Middelburg het in 2018 slegs vier oorwinnings deur die seisoen behaal.

Dit sal egter nie ‘n maklike wedstryd vir die gasheer wees nie. Die Rooi Bulle gaan nie net omgedop word nie.

Die vernaamste voorwedstryd vir dié hoofmaal tussen Voortrekker van Bethlehem en Die Brandwag van Uitenhage behoort ook vir heelwat vuurwerk te sorg.

Diamantveld van Kimberley kom op die eerste dag teen Zwartkop te staan. Diamonds behoort vanjaar weer ‘n sterk aanspraakmaker te wees om onder die voorste 20 spanne op School of Rugby se ranglys te tel.

Hoewel Hermanus en die Hoërskool Alberton onder die kleinere honed tel het albei die skole puik seisoene in 2018 beleef en sal vanjaar daarop wil voortbou. Die twee sê mekaar ook dan op die eerste dag die stryd aan.

Na afloop van die week word daar ook jaarliks ‘n Span van die Week gekies om spelers erkenning te gee vir uitsonderlike vertonings.

Die bepalings is:

De Eike-veld

08:45 – Ellisras vs Augsburg Gimnasium; 09:55 – Jeugland vs Rockingham; 11:05 – Lichtenburg vs Hoërskool Bellville; 12:15 – Kempton Park vs Brackenfell; 14:00 – Hoërskool Upington vs Dinamika; 15:10 – Hermanus vs Hoërskool Alberton; 16:20 – Diamantveld vs Zwartkop; 18:00 – Voortrekker (Bethlehem) vs Brandwag (Uitenhage); 19:10 – Oakdale Landbou vs HTS Middelburg.

Populierbos-veld

08:45 – Vredendal vs Montagu; 09:55 – Landboudal vs Overberg; 11:05 – Robertson vs Hoërskool Grens; 12:15 – Despatch vs Bredasdorp; 14:00 – Duineveld vs Pionier; 15:10 – Langenhoven Gimnasium vs Potchefstroom Gimnasium; 16:20 – Oosterlig vs Hugenote (Wellington).

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.