Brandfort se Pieter Swanepoel Sportdag beloof weer hope vuurwerk

Written by Hannes Nienaber

PieterSwanepoel School of Rugby | Brandfort se Pieter Swanepoel Sportdag beloof weer hope vuurwerk - School of RugbyDie besoekers aan die 20ste jaarlikse Pieter Swanepoel Sportdag op Brandfort kan verwag om vanjaar weer deur plattelandse gasvryheid trakteer te word. Rugbyliefhebbers kan ook hul lippe aflek vir die belofte van opwindende hardlooprugby.

Die dag is na die gasheer, die Hoërskool Staatspresident Swart, se gewese skoolhoof wyle Pieter Swanepoel vernoem. Swanepoel het die dag in 2000 begin. 

Die gasheer se eerstespan, die Foxies, spog met 'n trotse rekord op die dag. Hulle het nog net een keer sedert die ontstaan van dié dag in 2014 teen Bothaville (29-14) die knie gebuig. Brandfort sal vanjaar in die hoofwedstryd van die dag teen die Hoërskool Parys te staan kom. Dit sal die derde keer sedert 2000 wees dat hierdie twee spanne mekaar in die hoofwedstryd op Page-park pak. 

Die Foxies was in 2011 (59-0) en 2015 (28-16) baas oor die span van Parys. 

Dit is nie net die Hoërskool Staatspresident Swart wie se gunsteling rugbyveld, Page-park, is nie. Grey-kollege van Bloemfontein is bekend vir hoe gedug hy op sy tuisveld is, maar daar is egter een veld waar dié skool se eerstespan met nog 'n beter rekord mee spog. En dit is Page-park. 

Grey het in sy vorige kragmeting op dié sportdag vir Goudveld-Hoërskool in slegs 40 minute met 111-0 afgeslag. Voor die slagting was Grey laas tydens die eerste sportdag hier in aksie en toe het hy vir Fichardtpark met 106-0 verneder. Grey se een hulpafrigter en voormalige skrumskakel van die Cheetahs, Tewis de Bruyn, sal daardie dag goed onthou. Hy het 26 van Grey se punte via 13 doelskoppe aangeteken. 

Grey het wel 'n veel moeiliker taak wat vanjaar op hom wag. Hy kom in die vernaamste voorwedstryd vir die hoofmaal teen Welkom Gimnasium te staan. In die sentrale streek was Gimmies die afgelope paar jaar die enigste span wat Grey-kollege teenstand kon bied. Die wedstryd beloof om vir hope opwinding te sorg. 

Die bepalings is: 

07:30 - Hoërskool Bloemfontein vs Marquard 
08:30 - Sand du Plessis vs Theunissen
09:30 - President Steyn vs Bultfontein
10:30 - Hentie Cilliers II vs Grey College IV
11:30 - Grey College III (Peaches) vs Welkom Gimnasium II
12:30 - Louis Botha vs Hangklip
13:30 - Bothaville vs Aliwal-Noord
14:30 - Hentie Cilliers vs Grey College II (Cherries)
15:30 - Grey College vs Welkom Gimnasium
16:30 - Brandfort vs Parys

Hoofwedstryde van die vorige Pieter Swanepoel Sportdae: 

2018 Brandfort 24 Aliwal-Noord 22
2017 Brandfort 32 Hoërskool Kroonstad 8
2016 Brandfort 33 Wessel Maree 5
2015 Brandfort 28 Parys 16
2014 Bothaville 29 Brandfort 14
2013 Brandfort 71 Wessel Maree 0
2012 Brandfort 52 Parys 7
2011 Brandfort 59 Riebeeckstad 0
2010 Brandfort 34 Richardsbaai 0
2009 Brandfort 26 Hennenman 12
2008 Brandfort 31 President Steyn 24
2007 Brandfort 31 Fichardtpark 15
2006 Brandfort 33 Louis Botha 12
2005 Brandfort 31 Hoërskool Bloemfontein 24
2004 Brandfort 25 Zastron 9
2003 Brandfort 51 Ladybrand 0
2002 Brandfort 21 Hoërskool Bloemfontein 20
2001 Brandfort ? ? ?
2000 Brandfort 60 Zastron 0
X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.