Blou Tornado verwaai Durbanville op Bere-park

Written by Hannes Nienaber

NewsGSimeonScholtz School of Rugby | Blou Tornado verwaai Durbanville op Bere-park  - School of RugbyDie Blou Tornado het Dinsdag verwoed oor Bere-park beweeg.

Die Hoërskool Waterkloof het Durbanville met 63-15 behoorlik op die laaste dag van die Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi afgestof. Klofies het teen rustyd al ‘n voorsprong van 28-10 opgebou.

Durbanville se haker, Ronaldo Ismail, het twee keer in die bestek van vier minute oor die doellyn gebars om ‘n bietjie aansien aan sy span se poging in die eerste helfte te gee.

Dit was ‘n lustelose vertoning deur Durbies. Die besoekers se afrigters Shaun Huygen, George Germishuys en Marius Joubert sou ‘n paar harde woorde aan hul spelers gehad het.

Klofies se losskakel, Ian Trollip, het ‘n uitmuntende dag op kantoor beleef. Hy het al nege sy span se drieë verdoel vir ‘n persoonlike bydrae van 18 punte.

Die feit dat albei Klofies se vleuels, Simeon Scholtz en Jean du Randt, ‘n draai agter die doellyn gemaak het onderstreep die feit dat hulle die bal hope lug gegee het.

Du Randt het ‘n pragtige drie gedruk na ‘n perfek geplaasde steekskoppie deur die heelagter, Markus de Kock. Klofies se agtsteman, Armand Fleidl, het behoorlik in die los gewoel en is vir sy inklimspel met twee drieë beloon.

Puntemakers:

Waterkloof 63 (28) – Drieë: Simeon Scholtz (2), Armand Fleidl (2), Jean du Randt (2), Franco Groenewald, Sean Grobler, Jandré van Zyl. Doelskoppe: Ian Trollip (9). Durbanville 15 (10) – Drieë: Ronaldo Ismail (2), Ruben Jooste.

[powr-comments id="5a6fa090_1552985615146"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.