Brandwag meeste spelers in Old Mutual Agri XV-tal vir 2019

Written by Hannes Nienaber

NewsGOakdaleSpan School of Rugby | Brandwag meeste spelers in Old Mutual Agri XV-tal vir 2019 - School of RugbyDie Brandwag van Uitenhage het die keurders by die jaarlikse Oakdale Rugbyweek so beindruk dat vyf van sy spelers in die Old Mutual Insure Agri XV-tal ingesluit is.

Die span van Uitenhage het op die eerste dag van die toernooi 'n sterk Voortrekker van Bethlehem met 53-24 verslaan. Drie spelers uit sy agttal Ryben du Pont (agtsteman), Gideon Serfontein (haker) en Jarred Comley (slot) is in die uitsoekspan ingesluit. 

Serfontein is vir sy skitterende vertonings ook as die beste voorspeler op die toernooi aangewys. Agterlangs is die heelagter, Dano Swart, en die losskakel, Tyron McCree, as die beste spelers in hule onderskeie posisies aangewys. 

Swart het ook met die toekenning vir die Beste Agterspeler op die Week weggeloop. Elke keer wat hy met 'n teenaanval begin het, het hy die skare in die paviljoen laat regop sit. 

Die gasheer, Oakdale Landbou, en Voortrekker van Bethlehem het elk twee spelers wat in die span opgeneem is. Oakdale se Nico Pietersen (skrumskakel) en Corné Rahl (slot) het deurgans uitstaande spel gelewer. Die Trekkers se buitesenter, Frans Postma, en die haastige vleuel, Xavier Adams, het ook genoeg met hul spel beindruk om in die Old Mutual Insure Agri XV-tal ingesluit te word. 

Duineveld van Upington het die toekenning ontvang vir die span wat die aanskoulikste rugby opgedis het. Die Velties se flank Quinton Immelman is ook met 'n plek in die uitsoek XV-tal beloon. 

Die span word slegs gekies om erkenning aan die spelers vir goeie vertonings tydens die week te gee. Hy sal dus in geen wedstryd in aksie wees nie.

Die Old Mutual Insure Agri XV-tal is: 

15 Dano Swart (Brandwag), 14 Xavier Adams (Voortrekker), 13 Frans Postma (Voortrekker), 12 Michael Allers (Kempton Park), 11 Keanu Coetzee (Zwartkop), 10 Tyron McCree (Brandwag), 9 Nico Pietersen (Oakdale Landbou), 8 Ryben du Pont (Brandwag), 7 Quinton Immelman (Duineveld), 6 Lodewyk van Dyk (Hermanus), 5 Corné Rahl (Oakdale Landbou), 4 Jarred Comley (Brandwag), 3 Damien Swart (Despatch), 2 Gideon Serfontein (Brandwag), 1 Jesse Issemonger (Landboudal).

[powr-comments id="159f9e26_1553153980976"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.