Paarl Boishaai wil Grey tot oorgawe in die middelveld stoei

Written by Hannes Nienaber

NewsGCompion School of Rugby | Paarl Boishaai wil Grey tot oorgawe in die middelveld stoei - School of RugbyDie Hoër Jongenskool Paarl het 'n stoeier op binnesenter gekies om Grey-kollege se middelveld in toom tydens die twee spanne se interskole in die Brugstraat-stadion in Paarl te hou.

Boishaai se losskakel in sy eerste drie wedstryde van die seisoen, Compion von Ludwig, sal na binnesenter vir die titaniese stryd skuif. Hy het vroeër in sy skoolloopbaan die Westelike Provinsie op die stoeimat verteenwoordig. 

Die hoofwedstryd word op SuperSport gebeeldsend, terwyl meeste van die ander wedstryde tydens die interskole op DigiTV.co.za uitgesaai sal word - skakel gerus in vanaf Vrydag - http://bit.ly/boishaaitv.

Von Ludwig is vroeg in die seisoen reeds een van die voorste puntemakers in die land danksy sy geleerde skopskoen. Hy het reeds 52 punte in sy span se drie wedstryde tot dusver opgestapel. Dit sluit 'n allemintige 27 punte teen Welkom Gimnasium in.

Sy direkte teenstander, Alec McIntyre, is egter nie iemand wat sommer net tot oorgawe gedwing sal word nie. McIntyre se pa, Mark, het vir die SA Skole-span van 1989 in die voorry gesak. 

Sy sentermaat, Banie Britz, se pa ook Banie het in die 1980's die Noord Vrystaat in die middelveld verteenwoordig. Sy pa is ook die gewese Springbok-senter Wynand Olivier se oom. Banie jr. se oom Nico Pretorius was 'n lid van die gevreesde Vrystaatse krieketspan wat in die 1990's in Suid-Afrika naam vir hulself gemaak het. 

Nico wat as kaptein en agtsteman van Wessel Maree van Odendaalsrus wat in 1988 as kampioen van die Vrystaatse Direkteurstrofee gekroon is, het ook die SA Skole-krieketspan vir drie jaar in 'n ry in 1986 tot 1988 verteenwoordig.

Von Ludwig se sentermaat, Keagan Smith, kan baljaar indien sy span genoeg balbesit kry. Want Von Ludwig se balverspreidingsvermoë is een van sy voorste eienskappe op die rugbyveld. 

Boishaai se slot Luca Ribbens is die seun van die voormalige Blou Bul-stut Pierre Ribbens. Ribbens jr. is saam met sy slotmaat, Coetzee le Roux, was albei in 2019 deel van SA Rugby se hoë-prestasie groep vir o.16-spelers.  

Die tuisspan se losskakel, Cobus Louw, sal in 'n goeie tweestryd teen sy direkte teenstander, Jean Smith, gewikkel wees. Smith se pa Franco Smith het self op sy dag vir die Springbokke uitgedraf en rig deesdae Italië se nasionale span af. 

FOTO: Marius Nortjé

Die spanne: 

Paarl Boys' High: 15 Jared Rees, 14 Luke van Schoor, 13 Keagan Smith, 12 Compion von Ludwig, 11 Ethan Isaacs, 10 Cobus Louw, 9 FC Fourie, 8 Abu Ndabambi, 7 Ruan Venter, 6 Meno Barnard, 5 Luca Ribbens, 4 Coetzee le Roux, 3 Eddie du Toit, 2 Ruben Swanepoel, 1 SJ Kotze.

Grey College: 15 Gert Steyn, 14 Alfonso Isaacs, 13 Banie Britz, 12 Alex McIntyre, 11 Diego Lottering, 10 Jean Smith, 9 Caleb Abrahams, 8 Nelius Volschenk, 7 Lukas Meyer, 6 Ferdi Vergottini, 5 JF van Heerden, 4 Merwe Olivier, 3 Johan Louw, 2 Juanré Breitenbach, 1 Juann Else.

[powr-comments id="7f19a1ed_1620382859489"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.