Stellenberg sal sy keer teen die Bulle van Riversdal moet ken

Written by Hannes Nienaber

NewsGStelliesLynstaan School of Rugby | Stellenberg sal sy keer teen die Bulle van Riversdal moet ken - School of RugbyDaar is 'n rooi vlag wat die Bulle van Oakdale Landbou sal opsweep vir Saterdag se ontmoeting met die Hoërskool Stellenberg in Bellville. 

Dit is die feit dat Stellenberg se #JadeBrigade vir Oakdale tydens hulle laaste ontmoeting in 2019 tydens die Brackenfell Sportdag met 21-10 verslaan het.

Al Saterdag se wedstryde op die A-veld word regstreeks deur DigiTV.co.za uitgesaai - http://bit.ly/StelliesTV

Oakdale en Stellenberg het vanjaar spogspanne. Oakdale het tot dusver vir Affies (46-21) en Garsfontein (41-12) tydens die Noord/Suid-toernooi verlede week kaf gedraf. 

Stellenberg was vanjaar al drie keer in aksie en ook drie keer aan die wenkant. Die Jade Brigade het tydens die Monnas Eeufeestoernooi vir Helpmekaar-kollege met 34-12 geklop, terwyl hy tydens die Noord/Suid-toernooi vir Monument (34-33) en HTS Middelburg (19-10) kaf gedrag het.  

Die tuisspan het 'n gevaarlike senterpaar in Damian Markus en Jacquin Jacobus. Dit is veral Markus wat tydens die span se besoek aan Gauteng die verbeelding aangegryp het. Hy is 'n senter met die vermoë om te onderskep soos Jean de Villiers en die flinke voetwerk van 'n Adi Jacobs.

Stellies se agtsteman, Franco Roux, en die heelagter, Jayson January, sal ook fyn deur die besoekers dopgehou moet word. Oakdale sal egter as die gunstelinge op die veld draf. 

Die speler wie op almal se lippe na die Noord/Suid-toernooi was Neil le Roux (skrumskakel) sal weer die sleutel tot sy span se sukses wees. Veral as dit reën in die Kaap. Le Roux kan vanaf albei voete van agter die losskrums verligting bring. Hy kan ook met sy skopwerk sy span in 'n oogwink van die verdediging na dei aanval oorplaas.

Voorlangs is die agtsteman, Phillip Kleynhans, 'n bulletjie. Hy word goed ondersteun deur die flank Paul de Villiers asook die twee voorrymanne, Dian Heunis en Johan Durr.

Die kragmeting beloof om een van die beste wedstryde van die naweek op skolevlak in Suid-Afrika te wees. 

FOTO: Johan Orton

Die spanne is: 

Hoërskool Stellenberg: 15 Jayson January, 14 Gideon Anderson, 13 Jacquin Jacobus, 12 Damian Markus, 11 Ughan Africa, 10 Tommie Smook,  9 Jayden Sam, 8 Franco Roux, 7 David Lewis, 6 Daniel Kennon, 5 Wessel Joubert, 4 Logan Fortuin (kaptein), 3 Lachance Tchokonte-Nana, 2 Joshua Eras, 1 Matthew Joseph.

Oakdale Landbou: 15 Matthew Golden, 14 Enrique Arendse, 13 Jaco Pienaar, 12 Jacobus Esterhuise, 11 Keagan Coerecius, 10 Morné Els, 9 Neil le Roux, 8 Phillip Kleynhans, 7 Johan Balt, 6 Paul de Villiers, 5 Erhard Lambrecht, 4 Gino de Witt, 3 Dian Heunis, 2 Hennie du Plessis, 1 Johan Durr.

Wedstryd Program

TIME AGE MATCHES
09:30  u15A Stellenberg vs Oakdale Landbou http://bit.ly/StelliesTV Stellies_TV School of Rugby | Stellenberg sal sy keer teen die Bulle van Riversdal moet ken - School of Rugby
10:45 u16A Stellenberg vs Oakdale Landbou http://bit.ly/StelliesTV
12:00 u19B Stellenberg vs Oakdale Landbou http://bit.ly/StelliesTV
13:30 u19A Stellenberg vs Oakdale Landbou http://bit.ly/StelliesTV

[powr-comments id="822a5c36_1620390480954"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.