Covid-19 lak skolerugby hard in die noorde van Suid-Afrika

Written by Hannes Nienaber

NewsGAngeloDavids School of Rugby | Covid-19 lak skolerugby hard in die noorde van Suid-Afrika - School of RugbySkolerugby word na amper 'n maand wat spel hervat is, weer tot op sy knieë gedwing. Verskeie skole en verenigings het reeds aangedui dat hulle alle oefeninge asook wedstryde vir ten minste die volgende twee weke gaan staak. 

Al die skole in die Matlosana-distrik is deur die Departement van Onderwys gedwing om alle skolesport te staak tot en met die volgende skoolvakansie, wat eer op die 9de Julie 2021 begin.

Die Hoërskool Klerksdorp sou die naweek in 'n Classic Clash teen die Hoërskool Lichtenburg te staan gekom het. Die Classic Clash is intussen weens die besluit deur die Departement van Onderwys gekanseleer. Albei skole vier vanjaar hulle 100ste bestaansjaar en dié naweek sou sonder 'n twyfel 'n hoogtepunte in albei skole se eeufeesjaar gewees het. 

Die Liggies sal nou teen die Hoërskool Alberton kragte meet. Alberton sou tydens die eerste ronde van die Virsekerbeker se Bowl-kompetisie teen Wesvalia van Klerksdorp te staan gekom het. Die Hoërskool Schoonspruit van Klerksdorp sal ook nie vir die tydperk in die Virsekerbeker in aksie kan wees nie.   

In die boonste kompetisie van die Virsekerbeker het die besluit deur die belangegroep wat die skole vanuit die oostelike voorstede van Pretoria om alle kontaksportsoorte (rugby, netbal en hokkie) tot en met Saterdag, 29 Mei te staak sonder twyfel 'n reuse impak op die kompetisie. Die skole sluit in die Hoërskool Garsfontein, Hoërskool Waterkloof en die Hoërskool Menlopark

Slegs die kragmetings in die Beker-kompetisie tussen Helpmekaar-kollege en EG Jansen asook die tussen Noordheuwel en Marais Viljoen sal die naweek beslis word. 

Die belangegroep sluit ook skole soos die Afrikaanse Hoër Seunskool, Afrikaanse Hoër Meisieskool, Laerskool Garsfontein, Laerskool Tygerpoort, Laerskool Monumentpark, Laerskool Elarduspark en Laerskool Constantiapark. Affies het reeds sy interskole van die naweek teen Grey-kollege van Bloemfontein gekanseleer. 

Die Vrystaatse Hoërskole Rugbyvereniging (VHRV) het 'n besluit geneem dat geen ligawedstryde die volgende twee naweke beslis sal word nie. Die bestuur se brief aan sy skole stel dit dat hy weer na afloop van die tydperk tot en met 24 Mei die saak sal bespreek en nuwe bepalings saamstel of die nie-spelende tyd sal verleng. 

"Die bestuur het wel versoeke ontvang van enkele skole wat wil voortgaan met rugby oefeninge en wedstryd bepalings. Sodanige skole kan met mekaar in verbinding tree, en self, op eie verantwoordelikheid besluit of hulle wil voortgaan met die wedstryde soos die huidige bepalings aandui," het die brief van die VHRV se voorsitter, Roelf Meyer, gelui. 

In die Noord-Kaap moes Diamantveld en Kalahari van Kuruman se ligawedstryd ook uitgeskuif word na 'n latere stadium toe. 

In Limpopo het daar ook 'n hele paar wedstryde in die slag gebly met Piet Potgieter en Frikkie Meyer se kragmeting wat gekanseleer is. Verder het die wedstryde tussen Ben Viljoen van Groblersdal en Ellisras asook die ligawedstryde tussen Merensky en Hans Strijdom ook in die slag gebly. 

Dit blyk egter op die jaarlikse Bosveld Intervarsity tussen die Hoërskool Pietersburg en HTS Tom Naudé steeds sal plaasvind. 

[powr-comments id="c8d5e800_1620979495380"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.