Volstruisboere kies spanne vir nasionale weke

Written by Hannes Nienaber

SWD School of Rugby | Volstruisboere kies spanne vir nasionale weke - School of RugbySuidwestelike Distrikte het hulle verteenwoordigende spanne vir vanjaar se provinsiale skoletoernooie aangekondig. Soos verwag het die Volstruisboere 'n sterk span vir die Cravenweek aangekondig. 

Die Hoërskool Outeniqua en Oakdale Landbou spog albei vanjaar met bulspanne. Die twee skole het ook dan die grootste verteenwoordiging in die uitsoekspan. In die 23-tal is daar slegs twee spelers Rosco Seconds (Hoërskool Punt) en Mihlali Tshatshu (Hoërskool Oudtshoorn) wat nie vanuit die twee skole kom nie. 

Outeniqua het met 12 spelers die grootste verteenwoordiging in die span, terwyl daar nege bulle van Oakdale in SWD se span ingesluit is. Die Cravenweek word vir 19 tot 24 Julie by die Hoërskool Monument in Krugersdorp beplan. Monnas vier vanjaar hul 100ste bestaansjaar en die toernooi sal een van die hoogtepunte van die feesvieringe wees. 

Agterlangs het die keurders meer as genoeg skietgoed met die Kwaggas se senterpaar, Simeon Oosthuizen en Johan Leonard, in die middelveld asook die gevaarlike heelagter, Dewanley van Rensburg. Oakdale se skakelpaar, Niel le Roux en Morné Els, is ook as kombinasie behou. 

Leonard is die seun van die gewese Springbok en Blou Bul-agtsteman, Anton Leonard. Laasgenoemde was op sy dag self op die Cravenweek in aksie toe hy in 1992 en 1993 vanuit die Hoërskool Piet Retief in Adelaide die destydse Noordoos-Kaap op die gesogte toernooi verteenwoordig het.

Die Hoërskool Piet Retief het in 1993 sy naam na Adelaide Gimnasium verander. Die skool se bynaam is toevallig ook die Kwaggas. 

Le Roux is sonder twyfel die gunteling om vanjaar se SA Skole se nommer 9-trui oor sy kop te trek. Verskeie kenners meen dat Le Roux waarskynlik een van die beste skrumskakels op skolevlak in 'n lang tyd is. 

Voorlangs is Oakdale se lostrio van Phillip Kleynhans, Johan Balt en Paul de Villiers ingesluit. Kleynhans is amper so groot soos Duane Vermeulen en speel net so 'n barshou. Die Kwaggas se slotte, Patrick Kitete en Oliver Kurz, is ook as kombinasie behou. Kitete behoort ook 'n sterk aanspraakmaker vir 'n plek in die nasionale skolespan te wees. 

Die Volstruisboere se skrum sal ook nie sommer op die agtervoet gedwing word met Dian Heunis en Johan Durr van Oakdale wat dit sal anker nie. 

Die Cravenweek-span sal deur Jaco Janse van Rensburg (Outeniqua) en Walt Böhme (Oudtshoorn) gebrei word.

Die spanne is: 

Cravenweek: 15 Dewanley van Rensburg (Outeniqua), 14 Enrique Arends (Oakdale Landbou), 13 Simeon Oosthuizen (Outeniqua), 12 Johan Leonard (Outeniqua), 11 Keith Syster (Outeniqua), 10 Morné Els (Oakdale Landbou), 9 Niel le Roux (Oakdale Landbou), 8 Phillip Kleynhans (Oakdale Landbou), 7 Johan Balt (Oakdale Landbou), 6 Paul de Villiers (Oakdale Landbou), 5 Patrick Kitete (Outeniqua), 4 Oliver Kurz (Outeniqua), 3 Dian Heunis (Oakdale Landbou), 2 Riaan Swart (Outeniqua), 1 Johan Durr (Oakdale Landbou). Plaasvervangers: 16 Elzaine Terblanche (Outeniqua), 17 Lalhuma Dyantyi (Outeniqua), 18 Michael Lamont (Outeniqua), 19 Mihlali Tshatshu (Oudtshoorn), 20 Ludik Muller (Outeniqua), 21 Clifton Jacobs (Outeniqua), 22 Rosco Seconds (Punt), 23 Keagan Coerecius (Oakdale Landbou).  

Akademie-week: 15 Matthew Golden (Oakdale Landbou), 14 G Robertson (Sao Bras), 13 Jaco Pienaar (Oakdale Landbou), 12 Jacobus Esterhuizen (Oakdale Landbou), 11 L Tshawe (Punt), 10 Kobus Janse van Rensburg (Oakdale Landbou), 9 L Johannes (Gerrit du Plessis), 8 Camden Schoeman (Outeniqua), 7 Zander Stammer (Outeniqua), 6 A Adams (Outeniqua), 5 Erhard Lamprecht (Oakdale Landbou), 4 Gino de Wit (Oakdale Landbou), 3 M Conradie (Oakdale Landbou), 2 Hennie du Plessis (Oakdale Landbou), 1 Reinhardt Bredenkamp (Outeniqua). Plaasvervangers: 16 Armand Combrinck (Oakdale Landbou), 17 J Schippers (Oudtshoorn), 18 D Davids (Heidelberg Skole), 19 A Makasika (Oudtshoorn), 20 J Jacobs (Gerrit du Plessis), 21 J Jaars (Punt), 22 K Meyer (Oudtshoorn), 23 A Simons (Sao Bras).

[powr-comments id="f891ebae_1622011347179"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.